Brandstofprys bly onveranderd
Brandstofprys bly onveranderd

Brandstofprys bly onveranderd

Goeie nuus vir vuisvoos verbruikers is maar skraal, maar die ministerie van myne en energie het darem iets in die Kerskous vir motoriste.
Estelle de Bruyn
Die brandstofprys vir Desember is onveranderd.

Die ministerie van myne en energie het in ''n verklaring daarop gewys dat die globale oliemark in November uiters onbestendig was.

“Dit is deur onsekerheid oor die produksie van die Olieuitvoerlande (Opec) en die relatief laer aanvraag gekenmerk.

“Ruolie se prys het om en by die US$47 gebly, terwyl die prys vir geraffineerde olie om US$58 per vat gefluktueer het,” lui ''n verklaring deur minister Obeth Kandjoze.

Volgens die ministerie was die verwagting dat sowel die prys van ru- as geraffineerde produkte sou styg vanweë die veelbesproke Opec-ooreenkoms om produksie te verminder ten einde te help om pryse te stabiliseer. Die ministerie het die besluit om die pryse dieselfde te hou geneem voordat nuus van die ooreenkoms tussen Opec-lande en Rusland om inderdaad produksie te verlaag, Woensdagaand bekend geword het.

Dit is die eerste keer sedert 2008 dat produksie ingekort word nadat die globale olieprys die afgelope twee jaar met meer as die helfte geval het. Dit is ook die eerste keer in 15 jaar dat Rusland, wat nie ''n lid van Opec is nie, instem om die land se produksie te verlaag.

Die olieprys het gister teen die hoogste prys in ses weke verhandel.

Amerikaanse ruolie het oornag met nege persent gestyg en is teen US$50 per vat verhandel. Brent ruolie het oornag met US$4 gestyg en is teen US$52.73 per vat verhandel.



korte duur

Handelaars in Asië meen egter die hoër olieprys kan vanweë die ooreenkoms tussen Opec en Rusland van korte duur wees, omdat die ooreenkoms sal meebring dat meer voorraad uit opgaartenks in die mark ingestoot kan word en meer ruolie deur Amerika ver­skeep sal word.

Die ontleders meen selfs met die verminderde produksie van 1,5 miljoen vate per dag, soos beloof, is dit nie genoeg om die insinking in aanvraag, wat in 2014 begin het, te stuit nie.

"Die sny in Opec se produksie sal grootliks uitgebalanseer word deur ''n toename in Amerikaanse produksie,” het die finansiële direkteur van Indië se oliekorporasie, mnr. Arun Kumar Sharma, gesê.

"Surplus [olie] sal dus in die mark bly. Indien daar ''n impak is, sal dit op kort termyn wees,” het hy gesê.

Vir ''n netto invoerder soos Namibië beteken ''n lae olieprys ''n laer prys by die petrolpomp. Ondanks die lae oliepryse het die wisselkoers tussen die Namibiese dollar en die Amerikaanse dollar toegeneem wat invoere duurder maak, sê die ministerie in ''n verklaring.

“Hierdie verwikkeling kanselleer die voordele wat deur lae oliepryse meegebring word. Die gemiddelde wisselkoers van die Namibiese dollar teen die Amerikaanse dollar in November was N$13,9 teenoor die N$13,6 in Oktober.

As gevolg hiervan het die plaaslike mark November oorleef met ''n mengsel van onder- en oorverhalings op verskillende produkte.

Die pomppryse in Walvisbaai bly soos volg: 95 oktaan loodvrye petrol: N$10,48 per liter; diesel, 500ppm N$10,28 per liter en diesel, 50ppm N$10,33 per liter. - Eie berig en Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%