Brandstof van Woensdag af goedkoper
Goeie nuus vir prysvoos-verbruikers is dat die pryse van petrol en beide grade diesel een minuut ná middernag op 5 Julie met 50 sent per liter daal.
Die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, het Vrydag in 'n verklaring gesê laer oliepryse en 'n gunstiger wisselkoers het tot 'n aansienlike oorverhaling in die plaaslike mark gelei.
“Vir die laaste paar maande het verbruikers nie 'n verligting in pryse beleef nie aangesien die resultate van die basiese brandstofprysmodel nie gunstig was nie. Dit is nie minder as reg nie dat hulle minder betaal noudat die omstandighede meer gunstig is,” sê Kandjoze. Petrol sal van oormôre af by pompe op Walvisbaai N$10,50 per liter kos, terwyl 500ppm diesel N$10,33 per liter en 50ppm diesel N$10,38 per liter sal kos.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie