Brandskade van miljoene by Seeheim Hotel
Francoise Steynberg - 'n Voortslepende arbeidsdispuut tussen die eienaar en 'n voormalige werknemer van die Seeheim Hotel het Sondag na bewering tot brandstigting en messtekery by dié geskiedkundige landmerk buite Keetmanshoop gelei.
Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, beloop die skade van die brand by die hotel wat sowat 50 km buite Keetmanshoop geleë is, tussen N$10 miljoen en N$15 miljoen.
“Erge skade is aan die hele gebou aangerig met onder meer twee lapas, die kombuis, 18 kamers, toilette, meubels, masjinerie en elektriese en kampeertoerusting wat uitgebrand het. Verdere skade moet nog bepaal word,” het Mubebo gesê.
VERDAGTE VLUG GLO
“Die eienaar van Seeheim Hotel, mnr. Zirkie Kloppers, het glo die verdagte sien weghardloop pas ná die brand ontstaan het. Hy het die verdagte agterna gesit en in die proses is hy in sy arm met 'n mes gesteek,” het Mubebo gesê.
Hy het bevestig die voormalige vroulike werknemer wat tans in Keetmanshoop woon, is Sondag in verband met brandstigting en aanranding met die doel om ernstig te beseer, in hegtenis geneem. Hy het gesê die brand het tussen 18:00 en 19:00 ontstaan.
Mubebo het gister teen druktyd gesê die ondersoekbeamptes is nog steeds op die toneel.
Volgens hom was Kloppers (65) en die verdagte al voorheen in 'n arbeidsdispuut betrokke.
Die verdagte sal binnekort in die landdroshof op Keetmanshoop verskyn.
Die geskiedkundige Seeheim Hotel is in 1896 met klip uit die omgewing gebou om die Duitse Schutztruppe te huisves en is in die 1920's in 'n hotel verander wat Seeheim in die 1940's en 1950's 'n groter en prominenter plek as Keetmanshoop gemaak het.
Ná Seeheim in die 1970's in 'n spookdorp verander het en die hotel vir 30 jaar leeggestaan het, het Kloppers die Seeheim Hotel weer opgeknap en nuwe lewe daarin geblaas.
Hy het al die meubels self gemaak en die bykomende akkommodasie volgens die oorspronklike argitektuur en atmosfeer van die ou klipgebou gebou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie