Brande in Kalifornië lyk soos die apokalips
Die vertakking van die brand staan bekend as die Woolsey-brand.
Meer as 200 mense word vermis terwyl brandbestryders met sterk winde rekenskap moet hou in hul stryd teen die dodelike wegholbrande in die noorde van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië.
Die dodetal het (plaaslike tyd) tot 31 gestyg, nadat die lyke van vyf mense in hul uitgebrande huise gekry is en 'n sesde slagoffer in 'n voertuig.
Die sogenaamde Camp Fire gaan moontlik die dodelikste brand in die deelstaat se geskiedenis word.
Kory Honea, sheriff van die Butte-distrik, het Sondagaand op 'n nuuskonferensie die jongste statistieke aan die media beskikbaar gestel.
Die brand het verlede Donderdag ontstaan.
WOOLSEY-BRAND
Twee mense is dood in die deel van die brand wat woed in die rykmansbuurt, Malibu. Die vertakking van die brand staan bekend as die Woolsey-brand.
Amptenare sê bevele vir ontruiming word dringender omdat warm, droë wind tot en met Dinsdag voorspel word.
“Die brand versprei nou vinniger as ooit,” sê Mark Lorenzen, brandweerhoof van die Ventura-distrik.
Camp Fire het reeds 6 700 huise vernietig in die dorp Paradise en meer as 40 000 hektaar by die Plumas National Forest is afgebrand, terwyl die Woolsey-brand 33 000 hektaar vernietig het en slegs 10% van die brand onder beheer is.
Honderde duisende mense het reeds hul huise ontruim.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie