Brandbestrydingsreëls streng afgedwing

Inwoners wou redeliker benadering hê

12 September 2018 | Infrastruktuur
Eienaars van deeltiteleenhede, ofte wel verkopers en eienaars hiervan, was onlangs in rep en roer ná die Windhoekse munisipaliteit begin weier het om munisipale klaringsertifikate uit te reik vir sogenaamde ongemagtigde toevoegings of foutiewe installering van brandbestrydingstoerusting en brandkrane.

Die inwoners meen dit is onredelik van die munisipaltieit om klaring skielik te weier sonder dat vroegtydig kennis hiervan gegee is – veral omdat sertifikate voorheen uitgereik is op grond van bestaande infrastruktuur en installasies.

Die hoof- veiligheidsbeampte van Windhoek se brandweer, mnr. Tangeni Uusiku, het dit só tydens ‘n onderhoud verduidelik:

“Hierdie is ‘n baie klein, dog belangrike afdeling. Volgens my moes dit groter gewees het omdat ons altyd baie besig bly. Ek is dus nie verras as sertifikate in die verlede in goedertrou aan ontwikkelaars uitgereik is, net om nou te ontdek dat hierdie vertroue misbruik is nie.

“Ons moet hierdie omstandighede egter pak en ons sake in orde kry in die belang van inwoners se veiligheid.”

Derhalwe reik Uusiku nie meer klaringsertifikate uit sonder dat hy seker is wooneenhede se beheerliggame voldoen aan die vereistes van die wet nie.

MUNISIPALITEIT SWYG

Die vraag is egter waarom die munisipaliteit besluit het om nóú sy bouregulasies en voorskrifte vir die bestryding van brande af te dwing, terwyl baie installasies in die verlede nie volgens bouplanne voltooi is nie en die standaard van brandbestrydingstoerusting nie toe of nou voldoende is nie.

Die munisipaliteit weier egter om te verduidelik waarom dit skielik gedoen word sonder dat ‘n redeliker benadering gevolg word en betrokke mense of organisasiesdienooreenkomstig in kennis gestel word hiervan, en ‘n grasietydperk gegun word om die nodige veranderinge aan te bring.

Selfs die munisipaliteit se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, en Windhoek se burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, het tot dusver geweier om enige terugvoering te gee.

‘ONS IS GERAT’

Intussen blyk dit daar steek geen waarheid in derde partye se beweringe dat groot brande in Windhoek se sentrale sakegebied weens ‘n gebrek aan waterdruk nie deur die brandweer geblus sal kan word nie.

Hiervolgens is geboue soos dié van Namdeb in gevaar omdat die beweerde swak waterdruk in die gebied sal beteken water kan nie die bokant van die gebou bereik nie.

Uusiku se kollega, mnr. Fillipus Sikongo, ontken dit.

“Al die geboue word met tyd opgegradeer. Die Namdeb-gebou is ‘n tipiese voorbeeld van waar ons hulle aangeraai het om drukpompe te installeer – en hulle het dit gedoen. Die pompe help om die waterdruk op 10 bar te hou. Die waterdruk kry ‘n hupstoot deur die gebruik van geslote brankraan-stroombane.”

Volgens Sikongo sal hulle altyd die brandweerwa, met sy waterreserwe van 11 000 l, gebruik om ‘n brand te blus. Soos die water gebruik word, sal dit voortdurend vanuit die naaste brandkraan hervul word. Indien daar ‘n kraan is wat nie werk nie, kan die volgende naaste een gebruik word, solank dit nie verder as ‘n kilometer is nie.

“Ons span is voorbereid op sulke noodgevalle,” het Sikongo gesê.

Soortgelyk

 

Kobra saai paniek by konstruksieterrein

5 ure gelede | Omgewing

‘n Agressiewe en beseerde Anchieta-kobra, ook bekend as die Angolese kobra, het vroeër vandag vir paniek gesorg by ‘n konstruksieterrein op Otjiwarongo waar werkers besig...

Kraam buite kliniek - verpleegsters geskors

21 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Twee verpleegsters wat ‘n hoogswanger vrou by die Okuryangava-kliniek glo weggewys het, is in opdrag van die minister van gesondheid en maatskaplike...

Lewenslank vir Suide-verkragters

21 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh en Ronelle Rademeyer - Twee mans wat vroue op Mariental en Tses verkrag en vermoor het, is gister in twee afsonderlike sake vonnisse...

Schlettwein sê oor TIPEEG, FOCAC

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – In die eerste plek is Namibië se ekonomie besig om aan te pas by ’n nuwe pad van groei nadat dit een...

Weer vir 19 September

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal baie tot bloedig warm in die Noorde wees.KUS:...

TransNamib op soek na nuwe direksie

21 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman Die ministerie van werke en vervoer het in 'n openbare kennisgewing aangekondig dat nuwe direksielede vir TransNamib gesoek word. Die huidige direksie se...

Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

21 ure gelede | Ministeries

Leandrea Louw Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gewaarsku visvangkwotas kan nie verkoop word “om vinnig geld te maak nie”....

Help soek na vermistes

21 ure gelede | Misdaad

Tanja BauseDie Namibiese polisie vra die publiek se hulp in die opsporing van twee vermiste mense. Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert 19:00 verlede Woensdag...

Grond: Wit boere wíl praat

21 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, sê dit is onwaar dat wit kommersiële boere nie in gesprek tree...