Brand in Suid-Kaap nog nie in bedwang
'n Weermaghelikopter is gisteroggend ontplooi om te help om die brand by Vermaaklikheid in die Suid-Kaap te bestry. Reinhard Geldenhuys, bestuurder van Overberg-rampbestuur wie se lede help met brandbestryding, sê die helikopter is reeds in die lug. “Daar is 'n baie besige lyn vuur en opvlammings wat onder beheer gebring moet word.” Volgens hom het geen verdere huise of strukture in die slag gebly nie. Die brand het Sondag reeds ontstaan. Minstens 3 000 ha het reeds afgebrand en skade is aan agt huise en strukture aangerig. 'n Helikoptervlieënier, Nico Heyns (65), is Dinsdag dood toe sy Huey-brandbestrydingshelikopter neergestort het. Foto Netwerk24/Facebook/Working on Fire
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie