Brakwater wag steeds vir antwoorde

CoW vergader met inwoners

09 October 2019 | Regering
Yolanda Nel - Sowat 14 maande ná inwoners van Brakwater hul hande heelwat dieper in hul sakke moes steek weens hoër tariewe, het die Windhoekse munisipaliteit (CoW) uiteindelik met Brakwater se raadgewende komitee (BAC) vergader.

Ondanks die vergadering wat Saterdag tussen die partye gehou is, wag die BAC volgens hul voorsitter, mnr. Bert Laaser, steeds vir betekenisvolle terugvoering – al het die munisipaliteit se uitvoerende hoof belowe inwoners sou uitsluitsel van CoW ontvang.

Vergaderings is vir 7 Desember 2018, 1 Februarie 2019 en 28 September vanjaar belê, maar CoW het dit uitgestel.

“Na afloop van die naweek se vergadering is ons nog geen inligting ryker nie,” het Laaser gesê.

Hy wou van mnr. Samuel Mutango van die munisipaliteit weet hoekom Brakwater-inwoners 14 maande moes wag vir antwoorde ná sommige munisipale rekeninge met tot 5 000% verhoog het.

“Daar is ook geen terugvoering oor die kortingstelsel wat vir Brakwater goedgekeur is of enige aanduiding dat resolusie 267, wat stipuleer dat Brakwater-inwoners net ’n gedeelte van die tariewe betaal, vervang of verander is nie,” het Laaser tydens die vergadering gesê.

Mutango het geantwoord die munisipaliteit het nou ’n stadium bereik waar hulle met lede van die BAC kon vergader.

Met verwysing na die resolusie wat reeds in 2012 uitgereik is, het hy gesê sekere aspekte moes eers deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling goedgekeur word.

“Net sekere dele van die resolusie is goedgekeur,” het Mutango gesê.

Ander kwessies wat verlede jaar deur die BAC aan die stadsraad voorgelê is, sluit hoë erfbelasting in.

Terugvoering daarop was dat die groot erwe in die gebied munisipale rekeninge verhoog het, en dié tariewe is op alle inwoners van die hoofstad van toepassing.

Brakwater se inwoners wou ook weet of die BAC nog hoegenaamd ’n rol speel.

Die antwoord was dat die kommittee nog aktief is.

“Die twee raadslede wat op die BAC dien, het in Februarie vanjaar met die res van die kommittee vergader,” het mnr. Helon Muhaindjumba van CoW gesê.

Laaser het gesê dit is glad nie die geval nie, en geen vergadering het al plaasgevind nie.

Mnr. MJ Amadhila en me. Brunhilde Cornelius, beide raadslede, het versuim om Saterdag se vergadering by te woon.

Sowat 120 Brakwater-inwoners van Brakwater het Saterdag se vergadering bywoon.

Volgens Laaser sal nog ’n vergadering tussen die BAC en CoW binne die volgende twee weke belê word.

[email protected]

Soortgelyk

 

Toetsing vir Covid-19 kry hupstoot

27th of May 11:38 | Gesondheid

Bank Windhoek het vandag hul skenking van reagent- en weefselmonstertoetsstelle aan die Namibië Instituut vir Patologie (NIP) aangekondig. Dié handelsbank se uitvoerende beampte, me. Jacquiline...

Bank en depot sal nie sluit nie, sê Peya

46 minute gelede | Regering

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga (foto, Nampa), sê mnr. Knowledge Ipinge, raadslid van die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, het...

Namibië het nou 22 bevestigde Covid-19-gevalle

54 minute gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19, geval nr. 22, is in 'n kritieke toestand en gekoppel aan 'n ventilator in 'n intensiewesorgeenheid aan die...

B-dag: Maak of breek

11 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

11 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

11 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

11 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

11 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...