Bouwerk aan Neckartaldam gestaak
Die voltooiing van die Neckartaldam is gekniehalter deur die ministerie van landbou, water en bosbou se onderbegroting.
Ronelle Rademeyer
Konstruksiewerk aan die Neckartaldam buite Keetmanshoop is gister vir die tweede keer in vier maande gestaak aangesien die minister van landbou, water en bosbou nie die Italiaanse konstruksiemaatskappy Salini SpA betaal het nie.
Republikein het gister betroubaar verneem dat werk op die terrein in afwagting van 'n betaling voorlopig tot Dinsdag gestaak is.
Nóg mnr. Fabricio Lazzarin, projekbestuurder van Salini Namibia, nóg mnr. Gilles Castonguay, dié konstruksiereus se woordvoerder in Italië, wou die aangeleentheid bespreek.
Volgens Castonguay moet vrae oor die agterstallige betaling aan die ministerie gerig word.
Mnr. Abraham Nehemia, adjunk- permanente sekretaris vir water in dié ministerie, het by navraag bevestig dat betaling agterstallig is.
Op 'n vraag oor hoeveel geld die ministerie Salini skuld, het hy geantwoord: “Ek het nie nou die presiese bedrag in my kop nie.”
Hy het egter in dieselfde asem gesê dat 'n betaling “vandag nog” (gister) gemaak sal word.
Die boukoste waarvoor die regering begroot het, beloop N$3,197 miljard. Vroeër is berig die ministerie het egter in die huidige finansiële jaar sowat N$1,3 miljard te min vir die Neckartal-projek begroot. Dié dam moet in Desember voltooi wees.
Net N$414,6 miljoen is in die 2017-'18 finansiële jaar vir die dam opsy gesit, terwyl N$1,7 miljard nodig is om die werk te voltooi. Dit beteken die ministerie het sowat N$1,285 miljard te min begroot.
Hierdie syfers het aan die lig gekom toe mnr. John Mutorwa, minister van landbou, water en bosbou, sy ministerie se begrotingspos vroeër vanjaar in die Nasionale Vergadering (NV) gemotiveer het.
Volgens Nehemia hoop die ministerie die tesourie sal tydens die begrotingshersiening later vanjaar deur middel van 'n hertoedeling die geld vind om vir die onderbegrote N$1,3 miljard voorsiening te maak.
Mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, se reaksie op die tekort was dat die fiskus betaal waarvoor begroot is. “My ministerie maak voorsiening vir die bedrag waarvoor die verantwoordelike ministerie begroot het.”
Hy het aan Republikein gesê wanneer daar onderbegroot word vir projekte, veroorsaak dit ernstige probleme in die nasionale begroting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie