Boudjies in, borsie uit vir die nuwe jaar
Boudjies in, borsie uit vir die nuwe jaar

Boudjies in, borsie uit vir die nuwe jaar

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Daar is ‘n tyd om te huil, ‘n tyd om te lag. ‘n Tyd om te treur en ‘n tyd om van blydskap te dans.

Herinner die goue stukkie wysheid uit die Groot Boek my aan ‘n ou-ou Afrikaanse fliek Blink Stefaans en die baletjuffrou wat vir die mooie Chrissie sê: “Boudjies in, borsie uit, kyk die wêreld in die oë.” Sy moes dáns, al was daar groot hartseer in daardie kykers!

So het dit bykans tyd geraak om 2017 te groet en ek vermoed baie van ons moes by tye ook maar die wêreld, dansend, met dapper oë en ‘n stukkende hart aandurf (dans, dêmmit, dans!). Die jaar het beslis ook talle mooihede en groot vreugde gebring!

Tel jou seëninge, mens.

Ongeag die hoogtepunte of die swaar, as die Nuwejaar aanbreek, brand die vreugdevure hoog en ons sing! (Die lewe is ‘n lied - vals of vrolik - sing, dêmmit, sing!).

Jip, op die oujaarspaartie lééf ons skielik - die ‘lyke’ voor die rekenaars, voor ons motors se stuurwiele, wat van salaristjek tot salaristjek, van die hand na die mond, voortbestaan. Vir ‘n kort oomblik in ons lewe besluit ons om wel te leef.

Ons maak tot Nuwejaarsvoornemens, wat ‘n hele drie dae hou. Asof die uurglas nooit sal leegloop nie.

Prediker sê wel elke ding het sy vaste tyd en dat hy tot die insig gekom het dat daar niks beter vir die mens is as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet nie. Almal is op pad na dieselfde plek toe, almal is van stof en word weer stof.

Skoolkinders smag daarna om matriek te skryf en met universiteit te begin. Dan sterf ons om graad te haal en te begin werk. Dan om te trou, ‘n gesin te hê. Ons wens ons kindertjies groot, sterf om vordering in ons loopbane te maak, daardie leer te klim. Dan smag ons na aftrede en rustigheid.

En dan sterf ons.

Ons verloor soms ons gesondheid ter wille van daai salaristjek. Waarskynlik gee ons ook beperkte tyd saam met ons geliefdes prys – in ‘n samelewing wat so ontwerp is dat man vrou en kind elkeen daagliks hul eie rigting moet inslaan en hul kosbare lewensure saam met almal buiten mekaar moet bestee.

Eindelik bestee ons al ons geld om weer tyd saam met geliefdes terug te kry en om ons gesondheid terug te koop – juis dit wat geld in die eerste plek van ons geneem het.

Dit klink alles redelik sinneloos en intussen het nog ‘n jaar het by my en jou verby gestoomroller. Ek kan nie help om te wonder: Wat van as ons sterf, sonder dat ons gelewe het?

Hierdie was ‘n lang storie, terwyl ek eintlik net wou sê: Leef jou drome nou, want die uurglas loop leeg. Nie net vir vakansies, of Kersfees of Nuwejare nie.

Die punt as, as die Prediker meen daar is ‘n tyd vir alles, is dit miskien tyd om oor ons bestaan te herbesin.

Jy kan nog ‘n jaar van tjek-na-tjek leef. Jy kan tien jaar langer jou geliefdes afskeep. Of jy kan die sandkorrels wat nog deur jou uurglas moet loop, op beter plekke laat val. Dink daaroor.

Geniet die feestyd - boudjies in, borsie uit vir die nuwe jaar!

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%