Bouch-hulle kies dalk Rassie, Dwaine vir toets
Krieket
Altus Momberg
Die insluiting van Rassie van der Dussen en Dwaine Pretorius kan twee van die verrassings wees wanneer die Proteas se toetsgroep vandag in die Paarl aangewys word.
Dié groep is die eerste punt op die agenda van die Proteas se nuwe keurkomitee, wat bestaan uit Mark Boucher (afrigter), Enoch Nkwe (hulpafrigter), Faf du Plessis (kaptein) en Linda Zondi (onafhanklike keurder).
Van der Dussen (30) het in die laaste jaar ’n gereelde keuse in die Proteas se witbalspanne geword, maar hy sal sy toetsbuiging maak as hy vir die eerste toets teen Engeland die dag ná Kersfees in Centurion gekies word.
Pretorius is ook gereeld ’n lid van die span wanneer die Proteas in groen en goud speel, maar hy wag ook steeds om sy buiging in die oudste weergawe van die spel te maak. Pretorius sal egter eers sy fiksheid moet bewys as hy in die eerste toets teen die ou vyand wil speel.
Die veelsydige speler het ’n beentjie in sy regterhand gekraak in ’n wedstryd vir die Paarl Rocks einde verlede maand. Hy is in ’n stryd teen die horlosie gewikkel om fiks te wees vir vandag se eindstryd teen die Tshwane Spartans.
Die 30-jarige speler gaan ook waarskynlik een van die lede van die toetsgroep wees wat volgende naweek vir Suid-Afrika A teen Engeland in Benoni speel.
Graeme Smith, die Proteas se nuwe direkteur van krieket, het Saterdag op ’n nuuskonferensie waar hy Boucher, Nkwe en Zondi se aanstellings in hul nuwe poste bevestig het, gesê verskeie lede van die toetsgroep sal wel vir Suid-Afrika A speel.
“Ons wil die sterkste moontlike span vir SA A kies en die span weer die naasbestes in die land maak,” het Smith gesê. Die SA A-groep sal ook vandag aangekondig word. Ashwell Prince is die afrigter.
As Pretorius en Van der Dussen wel die beginspan op die 26ste gaan haal, kan Temba Bavuma en Theunis de Bruyn die ongelukkiges wees wat nie die paal haal nie.
Daar sal verskeie ander veranderings gemaak word aan die span wat in die derde toets teen Indië in Ranchi verloor het.
Die draaiers George Linde en Dane Piedt sal moet plek maak met die beseerde Keshav Maharaj en Vernon Philander wat van beserings af terugkeer.
Quinton de Kock, wat die beurt begin het in daardie toets, sal weer die handskoene dra en laer in die kolforde sy plek inneem.
Aiden Markram sal ook hopelik van sy handbesering herstel het en die plek van Heinrich Klaasen neem.
Moontlike Protea-beginspan
Dean Elgar, Aiden Markram, Zubayr Hamza, Rassie van der Dussen, Faf du Plessis (k), Quinton de Kock, Dwaine Pretorius, Vernon Philander, Kagiso Rabada, Keshav Maharaj en Anrich Nortjé. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie