Bou 'n pyplyn

15 July 2019 | Menings
OGIE-IN-DIE-KANAAL SKRYF:

Daar is feitlik elke dag diere in die kanaal wat water van Berg Aukas na die Omatakodam voer. Aangeheg is foto's.

Die probleem is dat die droogte dors diere forseer om in die kanaal te probeer drink.

Hulle val in en die wande van die kanaal is so skuins dat hulle nie weer kan uitkom nie.

Die ironie hiervan is dat hierdie water na die Von Bachdam gepomp word om die dors in Windhoek te stil. Wat as silwerskoon drinkwater uit 'n boorgat begin het, is nou water besmet met die oorblyfsels van dooie diere.

Die water moet nou eers weer gesuiwer word, wat ekstra kostes meebring. Kan die kanaal nie in 'n pyp verander word nie?

Dit sal baie dierelewens en kostes spaar.

Soortgelyk

 

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

9 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

9 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

9 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...

PDM, ECN hof toe gesleep

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. Norman Tjombe, die Windhoekse prokureur wat vier ontstoke Popular Democratic Movement (PDM)-lede verteenwoordig, het gister bevestig hulle gaan hof toe.Alle aanduidinge...

Volksmoorduitstalling veroorsaak onmin

9 ure gelede |

Jemima Beukes - Die bekendstelling van ’n Ovaherero- en Nama-volksmoorduitstalling getiteld “Learning from the past” is vir ‘n tweede keer uitgestel te midde van bewerings...

Etosha-heining: ‘Sny middelman uit'

9 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme gaan baie geld spaar deur die middelman uit te sny met die opgradering van die...