Botswana-aardbewing soortgelyk aan dié van Oos-Afrika Skeurvallei
Elvira Hattingh - Maandag se aardbewing in Botswana is deur ’n verskuiwing van ’n skeur in die laer aardkors veroorsaak en is binne twee minute by drie seismologiese stasies in Namibië opgetel. Boonop het dit 6,5 op die Richterskaal geregistreer – ongewoon sterk vir Suider-Afrika. Gevolglik is dit soortgelyk aan sterker aardbewings wat dikwels in die Oos-Afrika Skeurvallei voorkom. Die grafiek wys dat die Windhoek- en Ariamsvleistasies die bewing omstreeks 18:42 opgetel het. Bron: Ministerie van myne en energie, geologiese opname-afdeling.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie