Botsing met perd eis man
’n Man (53) is gisteraand dood nadat hy met sy sedanvoertuig op die B1-hoofweg buite Otjiwarongo met ’n perd gebots het.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, het die ongeluk omstreeks 22:00 sowat 45 km noord van Otjiwarongo plaasgevind.
Mbeha het gesê die man het alleen in ’n Volkswagen Jetta vanaf Otjiwarongo na Otavi gereis.
“Hy is op die toneel weens die impak van die botsing met die perd dood. Die perd is ook in die botsing dood,” het Mbeha gesê.
Die polisieondersoek duur voort. – Nampa
Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie