Botsing by Swakop-brug eis lewe
’n Noodlottige ongeluk tussen ’n petroltenker en sedanvoertuig het gisteroggend buite Swakopmund plaasgevind.
Iréne-Mari van der Walt – Die 30-jarige mnr. Titus Heiki Niitshinda is gisteroggend net voor 10 uur in ’n gru-ongeluk buite Swakopmund dood toe die Volkswagen-sedanvoertuig wat hy bestuur het van agter teen ’n petroltenker gebots het.
Stukke van die voertuig kon ongeveer 10 meter van die wrak af gevind word.
“Die motor het van Arandis se kant af gery en die vragmotor het na regs gedraai op pad Walvisbaai toe en die motor is onder die swaarvoertuig deur,” sê mnr. Andries Blaauw, ‘n lid van die insleepspan wat die motor se wrak verwyder het.
Volgens mnr. Clemens Januseb, ‘n ooggetuie, was hy ongeveer 100 m van die ongelukstoneel af onder die brug toe dit gebeur het. “Ek kon nie die wit voertuig sien nie, want die lorrie was in die pad. Die lorrie het na Walvisbaai gedraai en die motor het in die lorrie vasgery. Ek en ‘n ander man het nader gegaan en kon sien dat die bestuurder nog effens beweeg het, maar dit was nie lank voor hy opgehou beweeg het nie. Ons het nie geweet wat om te doen nie, ons wou nie met die toneel peuter nie,” sê hy.
Die slagoffer was glo ’n bekende sakeman van Arandis. Die polisieondersoek duur voort. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie