Botsing buite Otjiwarongo eis jong man se lewe
Botsing buite Otjiwarongo eis jong man se lewe

Botsing buite Otjiwarongo eis jong man se lewe

Henriette Lamprecht
‘n Man is op slag dood in ‘n botsing Vrydagaand nadat die voertuig waarin hy op reis was verskeie kere op die B1-hoofweg tussen Otjiwarongo en Okahandja gerol het.

Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek insp. Maureen Mbeha was die voertuig waarin hy ‘n passasier was Vrydag omstreeks 23:00 in ‘n botsing suid van Otjiwarongo met twee ander voertuie betrokke.

Die 21-jarige oorledene is uit die voertuig geslinger, terwyl die bestuurder ernstige beserings opgedoen het. Die bestuurders en die passasiers van die ander voertuie het geen beserings opgedoen nie. Die polisie se ondersoek duur voort. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2026-07-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer