Botmas se moordsaak tot Augustus vanjaar uitgestel
Die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n bejaarde egpaar vroeër vanjaar op 'n plaas naby Koës vermoor het, het Donderdag hul derde verskyning in die Keetmanshoop-landdroshof gemaak.
Mnre. Julius Arndt, Andries Afrikaner en Johannes Christiaan staan tereg op die moord van mnr. Giel Botma (79) en sy vrou, Sarie (80), op 2 Februarie op hul plaas Lindeshof.
Die beskuldigdes het voor landdros Melissa Mungunda verskyn, wat die saak tot 23 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel het, want die polisieondersoek is nog nie voltooi nie.
Die drie beskuldigdes bly in aanhouding in die polisie se aanhoudingselle op Keetmanshoop nadat hulle borgtog tydens hul eerste hofverskyning op 5 Februarie geweier is.
Dít as gevolg van die vrees dat hulle sal vlug en omdat die ondersoek in 'n vroeë stadium was.
Die drie is aangekla op twee klagte van moord, die besit van 'n vuurwapen en ammunisie sonder 'n lisensie, en motordiefstal en huisbraak met die doel om te roof. Arndt staar 'n bykomende klag van huisbraak met die doel om te steel in die gesig.
Hy word deur mnr. Linus Samaria verteenwoordig, Afrikaner deur me. Lizzetta Meyer, en Christiaan deur mnr. Florian Beukes.
Aanklaer Atulala Shikalepo verskyn vir die staat. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie