Botha gretig vir MX-terugkeer
Botha gretig vir MX-terugkeer

Botha gretig vir MX-terugkeer

Motocross
Andrew Poolman
Die motocross-jaer Don-Ray Botha kan nie wag vir die plaaslike seisoen om te hervat nie, sodat hy sy terugkeer tot aktiewe kompetisie kan maak.

Botha was in 2019 die vroeë voorloper in die MX2-kampioenskap voordat hy geval en sy sleutelbeen gebreek het.

“Ek was vir amper twee jaar van die motorfiets af, maar het nou 'n klompie baie goeie borgskappe van Pupkewitz Honda, Falcon Security Group, Creative Glass & Sandblasting, Digi Dental en Magrim Repairs gekry.

“Hierdie spanpoging het dit moontlik gemaak om die motorfiets te koop en om my terug op die baan te kry. Ek is die enigste wat met dié ­Honda-model gaan meeding en hopelik sal dit goed gaan. Die ­MX-seisoen begin hopelik binnekort, as alles reg loop.

“Ek het opgeskuif vanaf MX2 en dis die eerste keer dat ek met die 450 cc in die MX1 klas gaan kompeteer. Dis 'n groter enjin en dit beteken ook ek ry 'n langer tydperk en moet fikser wees. Dis waar Simoney Janse van Rensburg my help om die beste van my liggaam te maak vir die seisoen wat voorlê.”

Van links staan Simoney Janse van Rensburg, Don-Ray Botha (agter) met sy meisie Nadine Jaeger, Marius Botha van Magrim Repairs, Bertus Botha van Creative Glass & Sandblasting, Niel van Wyk van Digi Dental en Carel de Beer van Falcon Security Group ­Holdings. Ander borge wat nie ­teenwoordig vir die fotogeleentheid was nie, is Honda en die ­Sowden-familie van Tsumeb.

Kommentaar

Republikein 2025-08-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer