• Tuisblad
  • Sport
  • Botha en Chiappini aan voorpunt van nuwe beweging

Botha en Chiappini aan voorpunt van nuwe beweging

Twee oudrugbyspelers wil binnekort die wêreld van beroepsboks betree.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Stef Botha en Gino Chiappini, twee bekende rugbyspelers wat streef om die land se volgende bokssensasies te word, het onlangs hul amateurdebuut in die hoofstad gemaak waar beide met sukses uit die stryd getree het.

Die 23-jarige Chiappini en 25-jarige Botha van Windhoek het onderskeidelik as ’n vleuel en agtsteman of slot van FNB Wanderers bekend geword. Botha het in 2012 twee toetse vir Namibië gespeel en was ook in 2015 se Vodacombeker-span.

Deesdae is hulle lede van die 12 Rounds Boksakademie waar Riaan Coetzee die hoofafrigter is en deur Francois Cline as hulpafrigter bygestaan word.

Hoewel Coetzee sy eie ding doen, word ook flink saam met die Salute Boksakademie en ander rolspelers gewerk om sy boksers die beste van twee wêrelde te bied.

Chiappini het met die Khomas streekkampioenskap in September sy nooiensgeveg in die ligswaargewigafdeling (80.74 kg) gewen. Nog twee gevegte het in die volgende dae van die kompetisie gevolg wat hy suksesvol as Khomaskampioen beklink het.

Botha wat die skaal op 106 kg trek, moes sy eerste geveg as superswaargewig (91 kg en swaarder) aanpak waar hy die voormalige Namibiese amateurkampioen, Kaseras Shilongo, geklop het. Beide Botha en Chiappini sê hulle wil nie te lank op amateurvlak vertoef nie en wil so gou as moontlik hul toetrede as professionele boksers maak.

Hoewel Botha en Chiappini by die 12 Rounds-akademie oefen, maak hulle soms by die Salute Boksakademie van Kriata Kamanya ’n draai waar hulle deur ervare afrigters soos Tobias Nashilongo gebrei word.

Coetzee was self ’n kranige amateurbokser (en voor dit, rugbyspeler) voordat beserings sy belowende loopbaan tot ‘n einde gebring het.

Nadat Coetzee oor sy toekoms besin het, is die 12 Rounds Boksakademie gebore waar hy saam met ervare instellings soos Salute werk terwyl hy ook sy eie promosies begin bedryf.

Intussen het Coetzee ’n vennootskap met Stephan Ackermann en Philip Kuhn van Evolve Sport and Rehab (bionetikinetici) gesluit om ’n eenstopdiens aan sportmense asook gewone mense te bied wat beserings moet oorkom.

“Hul visie is om ’n volledige sportsentrum te skep waar enigiemand met ’n behoefte kan gaan aanklop. Beide van hulle weet watter voordele boks inhou en so word 12 Rounds nou in hul sentrum hier in Suiderhof geakkommodeer,” vertel Coetzee entoesiasties.

PLANNE MET SKOLE

Coetzee het ook ’n geheime wapen met die naam Faheem Laher.

“Faheem Laher van Apex Aesthetic Performance is een van Namibië se voorste transformasieafrigters en bring sewe jaar se ondervinding na die tafel. Hy het in onlangse tye met ’n sewesrugbyspan, sokkerspelers en die suksesvolle rugbyspan van Unam gewerk wat vir die derde jaar agtereenvolgens die Namibiese Premierliga ingepalm het,” het Coetzee gesê.

“Ons wil graag boks as sport onder die jeug bevorder en beplan om in 2018 ’n inisiatief by skole te loods en ’n interskolekompetisie op die been te bring waar boksers op skolevlak kan kompeteer.

“Ons wil graag boks binne die volgende twee jaar laat herleef en hoop om boksers in alle ouderdoms- en gewigsafdelings op te lewer. Ons as span se droom is om wêreldklas atlete te kweek wat deur krag, kondisionering en buitengewone vaardighede kan presteer,” het Coetzee afgesluit.

Botha, wat die week voor sy geveg teen Shilongo by 12 Rounds aangesluit het, verduidelik hoe sy oefenprogram lyk.

“Die gogga het gebyt terwyl ons tydens rugbyoefeninge die slaansakke moes bykom,” het Botha aan Republikein vertel.

“Ek word deur PD Stoman van Crossfit PLUS264 en Steven Lochner van TSU Namibia op twee verskillende fiksheidsvlakke afgerig, terwyl ek tans so twee keer per week by 12 Rounds uitkom waar Riaan my boks afrig. Ek was ook al by Salute vir skermoefeninge.”

Tans oefen mans, meisies, seuns en selfs vroue by 12 Rounds waar fiksheid, dissipline en respek by die ywerige deelnemers ingeskerp word terwyl hulle lekker fiks word en terselfdertyd gewig verloor.

Persone wat belangstel kan 12 Rounds Boxing Academy se Facebook-blad besoek of Coetzee by 081 623 2698 of [email protected] kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%