Boshoff slaan slag in Race to Omeya
Omeya gholfklub het laas naweek die eerste rondte van die 2021 Race to Omeya reeks aangebied, geborg deur Namib Kameeldoring Braaihout. Ná al die reën sover vanjaar is die baan in 'n fantastiese, dog uitdagende toestand. Die klub verwelkom Jean Erasmus (Namib Kameeldoring Braaihout) as borg van hierdie uiters gewilde reeks. Ten spyte van die reën het 'n stewige 92 spelers deelgeneem. Braam Boshoff was Saterdag se eerste wenner met 40 punte, hoewel hy net op uittel bo Charlie Lohmann geplaas was wat dieselfde puntetotaal aangeteken het. In die derde posisie was Fergusson Paulse met 39 punte (uittel). Pryse is ook oorhandig aan Johan Faber en Paul Verburg vir houe naaste aan die pen op onderskeidelik putjie 7 en 14. Van links staan Jean Erasmus (Namib Kameeldoring Braaihout); Braam Boshoff, Paul Verburg, Fergusson Paulse en Johan Faber. Foto verskaf


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie