Borgtog vir vermeende mensehandelaars
Borgtog is Woensdag aan die beskuldigdes in die mensehandelsaak op Oshakati toegestaan.
Hooflanddros Mika Namweya het borgtog van N$5 000 aan mnr. Jacobus van Zyl (32) toegestaan en van N$2 000 aan me. Sylvia Bonifatius (20) ná hul borgtogverhoor byna 'n maand geduur het.
Hulle het met glimlagte op hul gesigte by die hof uitgestap.
Die staatsaanklaer me. Chrisna Masule het borgtog heftig teengestaan en verskeie getuies geroep.
Sy het aangevoer borgtog moet nie toegestaan word nie weens die ernstige aard van die saak en die vrees dat die beskuldigdes met die polisieondersoek sal inmeng.
Die getuies het borgtog teengestaan omdat dit volgens hulle nie in die belang van die publiek en geregtigheid is nie.
Hulle het aangevoer die polisieondersoek is nog in 'n vroeë stadium, en die twee beskuldigdes is 'n vlugrisiko.
“Die hof is nie oortuig daarvan dat waarskynlikhede bestaan dat die beskuldigdes nie verhoor sal word op grond van die redes wat deur die respondente (staat) geopper is nie,” het Namweya gesê.
“Verder het die respondent nie daarin geslaag om aan te dui die waarskynlikheid bestaan die beskuldigdes het enige voornemens om met getuienis in te meng of te peuter nie,” het Namweya gesê.
Bonifatius en Van Zyl is aan die einde van September in hegtenis geneem en van mensehandel aangekla nadat 'n 14-jarige meisie na bewering op Oshakati ontvoer is en na Ondangwa geneem is waar sy by 'n huis aangehou is.
Hulle is ook aangekla van verkragting, ontvoering, onsedelike praktyke, en die bedwelming en/of verdowing van 'n vroulike slagoffer vir onwettige seks.
Hul saak is tot 22 Januarie 2019 vir verdere ondersoek uitgestel.
Bonifatius, wat tydens die verhoor deur mnr. Simson Aingura verteenwoordig is, sal tydens haar volgende verskyning deur die regshulpverteenwoordiger mnr. Mukasa Gromyko Mwala verdedig word.
Mnr. Pieter Greyling verskyn vir Van Zyl. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie