Borgtog vir sewe vermeende bedrieërs
Otis Finck in Walvisbaai – Sewe van die 13 beskuldigdes in ’n N$2,2 miljoen-bedrogsaak het elk borgtog van N$10 000 gekry.
Landdros Rhivermo Williams het borgtog aan dié sewe, wat saam met ses ander, na bewering betrokke is by grootskaalse bedrog by die ministerie van finansies se departement van binnelandse inkomste in Walvisbaai, toegestaan.
Ses van die beskuldigdes, mnr. Henry Visagie, me. Jacqueline Imbili, mnr. Leonardo Roselli, mnr. Michael Mclobo, me. Jeanette Garoes en me. Anna Marie Mutilifa, het nie borgtog gekry nie, maar mag moontlik later daarvoor aansoek doen.
Die saak is tot 21 Februarie 2017 vir verdere ondersoek en borgtogoorweging uitgestel.
Die meerderheid beskuldigdes wat die bedrog na bewering tussen April 2013 en November 2016 gepleeg het, woon in Narraville, Walvisbaai.
Drie van die beskuldigdes, wat by die departement van binnelandse inkomste in Walvisbaai werk, het na bewering lopende betaalstelsel (PAYE5)-sertifikate vervals deur die name van sowat 21 vriende en familielede te gebruik in die verwerking van terugbetalingseise.
Staatsaanklaer Tuihaleni Hilikuete het borgtog vir ses van die beskuldigdes teengestaan en gesê hulle het noue vriendskapsbande met staatsgetuies. Sy het landdros Williams ook ingelig dat Garoes en Mutilifa reeds probeer het om by die ondersoek in te meng en gesê dat Garoes en Imbili familie van mekaar is.
“Hulle sal met die ondersoek en ander getuies inmeng. Hulle behoort op grond van openbare belang nie borgtog te kry nie,” het Hilikuete gesê.
Mnr. Morne Feris, me. Willemina Visage, mnr. Quinton Mathews, mnr. Marlon Pins, mnr. Velancio Muller, mnr. Patrick Titus en mnr. Lukas Shailemo het borgtog gekry en is gemaan om nie direk of indirek die ondersoek te belemmer nie.
Willemina, die belastingsbeampte mnr. Henry Visagie se vrou, mag nie toegang tot haar man se bankrekeninge hê terwyl sy op borgtog is nie. Shailemo moet twee keer ’n week by die Rosh Pinah polisiekantoor aanmeld.
Muller het gesê hy is werkloos en kan nie N$10 000 bekostig nie. Hy het versoek dat die hof sy borgtog na N$6 000 verminder, maar landdros Williams het sy versoek geweier weens die erns van die oortreding.
Drie van die beskuldigdes word deur die regspraktisyn me. Liesl Heyman verteenwoordig, terwyl mnr. Wouter Rossouw vir Roselli, ’n Italiaanse burger, verteenwoordig. Rossouw het gesê sy kliënt het ’n tolk nodig en dat hy self nie goed met hom kan kommunikeer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie