Borg staan agter drie NSSU-kodes
Die Namibiese Skolesportunie kan staatmaak op Coca-Cola Namibië as 'n borg vir sy landwye bedrywighede. Namibia Beverages het gister sy oorhandiging van N$377 000 aan die NSSU vir die huidige jaar bekend gemaak. Die verdeling is N$145 000 vir rugby, N$60 000 vir netbal en N$172 000 vir atletiek. In laasgenoemde kode vind die NSSU se nasionale kampioenskap juis môre en Vrydag in die Onafhanklikheidstadion in Windhoek plaas met spanne uit elke streek van die land. By die oorhandiging gister staan van links mnre. Sollie Duiker (NSSU nasionale koördineerder), Maguire Mulder van Coca-Cola, Joel Mattheus en Simataa Mwiya van die Namibiese Sportkommissie. Foto Jesse Jackson Kauraisa (Namibian Sun)


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie