Boorgate in privaatbesit moet geregistreer word

Munisipaliteit wil opname teen 31 Julie afhandel

10 June 2020 | Infrastruktuur
Elvira Hattingh – Die Windhoekse munisipaliteit het met 'n projek begin om alle boorgate in privaatbesit binne die stadsgrense teen 31 Julie te registreer.

Dit sluit in boorgate wat buite werking is, asook tans in gebruik is binne die stad self, op omliggende plase, op Groot Aub, asook enige plek binne die munisipale grense.

Mnr. Harold Akwenye, bestuurder van korporatiewe kommunikasie, bemarking en openbare deelname by die Windhoekse munisipaliteit, het aan Republikein verduidelik die doel van die projek is om die munisipaliteit 'n beter begrip van waterverskaffingbehoeftes te gee.

Dit sal ook help om te evalueer hoeveel water 'veilig' uit akwifers onttrek kan word. Die munisipaliteit sê die data sal gebruik word om 'n databasis van alle boorgate binne die uitgebreide grense van die stad saam te stel.

“Die munisipaliteit wil egter beklemtoon hierdie is nie 'n strafproses nie – ons wil slegs volledige data insamel sodat ons dit in ons beplanning vir toekomstige ontwikkeling kan gebruik. Ons het dit ook nodig om aan wetgewing gehoor te gee.

“Daarom moedig ons alle Windhoekers aan om hul boorgate te registreer,” het hy gesê. Hy sê die registrasievorms is op die munisipaliteit se webwerf beskikbaar.


AANSOEKE NEEM TOE

Akwenye sê sedert 2016 het die munisipaliteit al hoe meer aansoeke vir die boor van private boorgate ontvang. Hy skryf dit toe aan die langdurige droogtes wat bestaande waterbronne bedreig.

“Die redes waarom mense boorgate wil sink, is vir huishoudelike en nywerheidsgebruike, asook besproeiing,” het hy gesê.

Akwenye verduidelik die munisipaliteit moet alle aansoeke vir private boorgate binne die stadsgrense bestuur.

Hy sê volgens wetgewing moet die stadsraad eers skriftelike goedkeuring verskaf voor nuwe, private boorgate binne die stadsgrense geboor word.

“Die volumes wat ons toelaat om te onttrek, sal beperk word volgens die volhoubaarheid van die akwifer sonder om dié reserwe uit te put,” het hy gesê.

Die administrasieproses behels die munisipaliteit moet vir boorgatpermitte by die ministerie van landbou, water en grondhervorming aansoek doen – of dan van dié aansoekproses kwytgeskeld word.

“Buiten daarvoor dat munisipale boorgate noodsaaklik vir die verskaffing van water tydens droogtes is, is daar 'n tekort aan volledige inligting oor hoeveel private boorgate binne die munisipale gebied is, asook hul gebruike en die rol wat dit in tye van waterskaarste speel.

“Die registrasie van alle boorgate sal aan die munisipaliteit 'n oorsig bied van tot watter mate ondergrondse water reeds binne die stadsgrense gebruik word, asook die potensiaal van die ondergrondse water (gehalte en kwantiteite) in die akwifer.

“Dit moet help met toekomstige beplanning van infrastruktuur vir waterverskaffingsprojekte.

“Ondergrondse water is 'n noodsaaklike bron – veral in Windhoek – gegewe die onlangse, uitgerekte droogtes.

“Die bestuur van die bron is nood­saaklik om volgehoue verskaffing in die toekoms te verseker,” het Akwenye gesê.

AKWIFER

Akwenye sê daar is reeds sowat 200 boorgate in die Windhoek-akwifer gesink, waarvan tans 'n derde produktief tydens droogte gebruik word. Die res word gebruik om die akwifer te monitor.

Hy sê ten spyte van rehabilitasiewerk op van die ouer boorgate wat in die 1950's gesink is, sal sommige hiervan vervang moet word. Dit is omdat 'n boorgat se produktiwiteit oor die jare afneem.

Hy sê egter al word meer boorgate in die akwifer gesink, beteken dit nie dat dit 'n “nuwe” bron van water is nie. “Ons is beperk deur die akwifer se vermoë om op natuurlike wyse deur reënwater aangevul te word,” het hy verduidelik.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

9 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

9 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

9 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

9 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

9 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

9 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...