Boomkastele ndeur Schalk Schoombie
Boomkastele ndeur Schalk Schoombie

Boomkastele deur Schalk Schoombie

Jacqueline Louw
’n Afgetrede navorser raak betrokke in ’n vete met die bure nadat hulle twee reusagtige bome op sy erf afkap.
Terwyl hy probeer wraak neem (met komiese gevolge!), kom sy joernalis-dogter op die spoor van ’n geheimsinnige graffiti-kunstenaar wat Da Vinci se Vetruviaanse Man op stadsmure in Johannesburg aanbring. Die verhaal speel af in die voorstede van Johannesburg en die distopiese ruimtes van Hillbrow. ’n Slim, humoristiese roman cum speurverhaal deur ’n bekroonde dramaturg.
Schalk Schoombie is in Pretoria gebore en het in Kempton Park grootgeword. Ná sy dramastudies was hy akteur, kunsresensent en redakteur van De Kat. As vryskutjoernalis skryf hy vir Insig, Rooi Rose, Sarie en Rapport. Hy is bekroon met ’n Mondi (1994), ’n ATKV-Mediaveertjie (2009), ’n AngloGold Ashanti-Smeltkroesprys (2012), en ’n Spesiale Toekenning vir Besondere Kultuurprestasie deur die FAK. Hy het reeds nege dramas geskryf, waarvan Gepiekel in 2014 by Aardklop gedebuteer het. Schoombie woon in Alberton met sy gesin en drie Jack Russells.
• Boomkastele (ISBN: 9780798167680) is deur Human & Rousseau vrygestel.

Kommentaar

Republikein 2025-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer