Boom vol wense

Republikein se redaksie het politici, kunstenaars, sportlui, glansmense en gewone mense gevra wat hul hartswense vir ons land en sy inwoners is.
Ronelle Rademeyer
Riaan Smit, bluessanger van Crimson House

"Aan my mede-Namibiërs wil ek 'n gelukkige Kersfees en 'n voorspoedige Nuwejaar toewens. Hou jou geliefdes naby en koester elke oomblik wat julle saam is omdat ons nie weet wat die toekoms inhou nie. Wees gaaf teenoor vreemdelinge omdat 'n vreemdeling geluk in jou lewe kan bring.

"Ek wens julle alles van die beste toe vir die jaar wat kom. Jy het geen idee waartoe jy in staat is wanneer jy met hoop in jou hart vertrou die heelal sal voorsien nie. Wees lief, wees nederig en positief, en die res sal volg. God seën julle."

Lize Ehlers, sangeres en aktrise

"Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwe jaar. Dit is familietyd. Spandeer hierdie spesiale tyd met jou geliefdes. Moenie dronk bestuur nie. Wees veilig. En luister na ‘Kudos’!"

Pohamba Shifeta, minister van die omgewing en toerisme

"My wens is dat elke liewe Namibiër ‘n boom sal plant. As elkeen ‘n boom plant, sal daar twee miljoen bome wees om ons biodiversiteit te help herstel.

“Teen die tempo wat bome en woude in Namibië vernietig word, gaan die hele land binnekort net ‘n woestyn wees. Daarom doen ek ‘n beroep op elke Namibiër om tydens die reënseisoen ten minste een boom te plant."

Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN)

“HAN, in samewerking met ander rolspelers in die toerismebedryf soos Eco Awards, die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings (Fenata) en die Recycle Namibia Forum (RNF), gaan volgende jaar op die bewusmaking van rommelbestuurprojekte fokus.

“Ons gaan alle lede en vennote aanmoedig om hande te vat om ‘n skoner Namibië te verseker.

“Afgesien van skoonmaakveldtogte, moet die hele toerismebedryf bydra om rommel te versamel en te verminder, veral by toeristebestemmings soos die Etosha Nasionale Park, Sossusvlei en die Visrivier-canyon.

“Daar is geen rede hoekom leeus in Etosha met plastiekbottels in die mond op foto’s moet beland nie, want elkeen wat sy waterbottel in die park invat, kan dit net sowel weer uitvat of in ‘n herwinnigshouer gooi. Of beter nog, waarom verskaf verskaffers nie herwinbare bottels nie?”

Aino Kaapangelwa, inwoner van Okahandja Park

"Ek hoop dat daar volgende jaar meer vir die arm mense in die land gedoen sal word. Ek hoop dat ons veral hier in die Okahandja Park- informele nedersetting krag sal kry.

"As ons krag kry, kan ons besigheid doen en ons lewens self verbeter. Arm mense moet meer bemagtig word sodat hulle hul omstandighede kan verbeter en ’n positiewe bydrae tot die samelewing kan maak."

Dina Rittman, inwoner van Okahandja Park

"Ek wens vir minder korrupsie en stamgebondenheid. Ons is almal Namibiërs en ons moet saam aan die nasie bou sonder dat die een of ander voorgetrek word. Harambee, soos dit nou lyk, is net vir sekere rasse en ek hoop dat almal volgende jaar daarby kan baat.

"Ek hoop ook dat ontwikkeling na Okahandja Park- informele nedersetting toe kom. Ons moet krag-, water- en ablusiefasiliteite kry en die sjebeens moet beslis verminder word."

Eliza van Huysteen, kunskurator by die Namibiese Kunsvereniging (NAA)

“Genesing vir ons mense se harte soos reën vir ons dorre aarde. Moed en durf om al die emosionele dramas te laat uitstroom sodat ons harte kan genees van al die swaarkry en seerkry.”

Michelle McLean-Bailey, voormalige Mej. Heelal, entrepreneur en filantroop

“My wens vir Namibië is voortdurende vrede en voorspoed en die voorreg van ons president se wyse leierskap en goeie gesondheid. Mag ons geseën word met wydverspreide reëns om ons pragtige land, al sy wesens en mooi mense te versterk. Mag ons kinders altyd die belangrikheid van ’n goeie opvoeding onthou, want gewapen met kennis is hulle verseker van ’n gelukkige, gesonde en suksesvolle toekoms.

"Mag almal ’n veilig en feestelike Kersfees en ’n gelukkige 2018 hê."

Ludwig Huiseb, inwoner van Okahandja Park

"Ek wens dat ons mense hier in die lokasie ook kan geniet wat die mense daar buite geniet. Ek hoop dat ons volgende jaar sanitasiegeriewe, wat ons dringend nodig het, kan kry.

"Ek wens ook dat die polisie volgende jaar meer sal uitkom as ons hulle bel en dat hulle nie net Engels sal praat nie, maar ook Afrikaans. Ons kan nie Engels praat nie, so ons kan nie ons probleme mooi verduidelik nie.

“Ek wens ook dat daar ’n speelpark hier gebou word sodat ons kinders ’n plek het waar hulle heen kan gaan."

Dr. Willfred Isak April, dosent, Maltas-stigter en jeugaktivis

“My wens vir die jongmense van Namibië is om ’n verskil te maak, hoe klein dit ook al mag wees. Neem jul onderrig ernstig op, en gebruik elke geleentheid wat na jul kant toe kom. Dit maak nie saak uit watter agtergrond julle kom nie, julle moet glo julle kan die wêreld ’n beter plek maak.

"Gee sonder om altyd te wil ontvang, want as jy gee, kom dit drievoudig na jou toe terug. Wees daar vir ander en maak vir ander tyd.”

Katrina Hanse-Himarwa, minister van onderwys, kuns en kultuur

“Ek wens al die kinders, hul ouers en ook al die opvoeders ’n geseënde Kersfees en ’n gelukkige, voorspoedige nuwe jaar toe. Ek hoop en glo ons sal almal terugkom met nuwe energie en ywer om ons pogings te verdubbel om die drome en doelwitte wat ons vir onsself gestel het, te verwesenlik en te behaal.”

Daniel Tjongarero, president van die Namibië Motorsportfederasie (MNSF)

"Ons jaar was nie sonder uitdagings nie, maar ons lede het verseker dat die gehalte van kompetisies verbeter en toeskouergetalle gestyg het. Die belangrikste was dat mededingers hul persoonlike beste prestasies kon verbeter en baie by die kampioenskappe kon baat.

"Dit sou natuurlik nie sonder ons belanghebbendes en individuele borge moontlik gewees het nie. Ons wil ook graag die media bedank vir die dekking van ons byeenkoms, en die blootstelling wat ons mededingers ontvang vir die beoefening van die sport waarvoor hulle lief is.

"Vordering en ontwikkeling begin met die jeug, hulle is die toekoms en ons moet daarin belê. Daarom het die NMSF besluit om volgende jaar 'n jeugontwikkelingsprogram te stig.

"Die NMSF wil graag sy ondersteuning aan die Nasionale Padveiligheidsveldtog gee en bedank alle betrokkenes vir hul toewyding om die paaie vir ons almal veiliger te maak.

"Ons wens almal 'n vredevolle en veilige vakansie toe, asook 'n geseënde Kersfees en vreugde en voorspoed vir 'n suksesvolle 2018."

Ronald Slamet, motorfietsrenjaer en voormalige WP-kampioen

"Die uitdagings wat ons in 2017 beleef het, moet ons as grondslag vir 2018 gebruik. Aan al my mede-Namibiërs en motorsportliefhebbers, mag 2018 niks minder as geseënd vir elkeen wees nie.

"Geseënde Kersfees aan almal en 'n voorspoedige nuwe jaar. Mag die Here jul hande vat en lei deur alles wat julle in 2018 aanpak en mag julle op sy steun vertrou."

John Mutorwa, minister van landbou, water en bosbou

"Terwyl ons gereed maak om Kersfees, Gesinsdag en Nuwejaarsdag te vier, wil ek alle Namibiërs en besoekers 'n rustige, vredevolle en veilige feestyd toewens. Mag dit gekenmerk word deur omgee en mededeelsaamheid, veral met hulle wat swak en kwesbaar is. Mag ons huise, vakansieplekke en paaie veilig wees.

"Aan ons boere en produsente: Ons bly hoop dat ons meer reën sal kry. En kom ons werk harder om ons grond voor te berei en te beplant sodat daar beter opbrengste vir ons gesinne, ons nasie en die groter wêreld sal wees."

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 981.00/T UP 0.1% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0028 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 981.00/T UP 0.1% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0028