Boois veg voort teen Himarwa
Boois veg voort teen Himarwa

Boois veg voort teen Himarwa

Die beleërde me. Yvonne Boois staan nie terug in haar stryd teen voormalige (swaargewig) vriende nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Me. Yvonne Boois het op 19 Oktober 'n bykomende klag van meineed teen mnr. Ghenno Himarwa by die Namibiese polisie aanhangig gemaak nadat sy vroeër 'n klag van bedrog teen hom en die voorsitter van die Nasionale Raad (NR), me. Margaret Mensah-Williams, gelê het.

Dié nuwe klag kom weke nadat Boois agt klagte van bedrog en korrupsie by die Teenkorrupsiekommissie (ACC) teen Himarwa se vrou, die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, aanhangig gemaak het.

Die nuwe klag hou verband met die voortslepende stryd rondom aantygings dat Himarwa sedert 2016 met opset versuim het om dividende van Boois se 17,5%-aandele in Hotago Fishing uit te betaal.

Boois sê Himarwa het sy regsverteenwoordigers, De Klerk Horn & Coetzee Incorporated, verkeerdelik ingelig dat sy (Boois) N$215 000 in 2016 ontvang het, wat per tjek in twee paaiemente van N$110 000 op 22 April en 'n verdere N$105 000 op 27 April verlede jaar aan haar betaal is.

In haar polisieverklaring sê Boois sy het inderdaad in April 2016 'n tjek ten bedrae van N$110 000 van Himarwa af ontvang, maar kon dit nie wissel nie omdat die bedrag N$100 000 oorskry het.

Sy sê haar regsverteenwoordigers het die tjek aan Himarwa terug­gestuur, wat toe twee tjeks van onder­skeidelik N$55 000 en N$50 000 uitgereik het.

“Om dus nou aan te voer dat 'n bedrag van N$215 000 aan my betaal is, is 'n blatante leuen,” sê sy.

Sy sê die tjeks wat sy wel van Himarwa af ontvang het, is onder­skeidelik eers in April en Julie vanjaar in haar rekening inbetaal.

Boois sê voorts Himarwa het vir sy prokureurs gejok daaroor dat Hotago in 2017 'n verlies gemaak het en die dividende dus nie kon uitbetaal nie. Sy sê bankstate toon verskeie betalings is in 2016 en 2017 gemaak.

Boois sê N$432 000 in dividende is aan haar verskuldig, wat óf van haar “weerhou” is, óf deur Himarwa en Mensah-Williams “gesteel” is.

“Boonop is baie ongemagtigde betalings gemaak, selfs aan mense wat nie lede van die maatskappy is nie,” sê Boois.

Boois voer aan teen Augustus was 'n bedrag van N$837 214,14 in Hotago se rekening en sê teen 19 Oktober was net N$515 111,27 in die rekening oor.

Dit het haar tot die gevolgtrekking laat kom dat die ander aandeelhouers van die onderneming “skaamteloos en vreesloos voortgaan om Hotago se fondse te plunder”.

Himarwa het Dinsdag alle aantygings ontken en Boois as 'n “bitter mens” beskryf.

Hy beweer alle dividende wat aan Boois verskuldig was, is teen die einde van 2016 betaal en dat sy N$598 650 in totaal ontvang het.

“Ons steek niks weg nie. Ons is bereid om dit in die hof te bewys. Sy smeer ander mense se name swart. Sy moet met bewyse kom,” het Himarwa gesê.

Himarwa het gesê dividende word nie volgens die persentasie aandele in Hotago uitbetaal nie, omdat die maatskappy ook geld aan liefdadigheidsorganisasies skenk en bystand aan skole verleen.

“Al die geld gaan nie vir die betaling van dividende nie, ons ondersteun ook die armes,” het hy gesê.

Boois is op 21 Augustus deur die Teenkorrupsiekommissie in hegtenis geneem op klagte van onreëlmatighede in die toekenning van tenders toe sy die hoofstreeksbeampte van Hardap se streeksraad was.

Sy is in hegtenis geneem dae nadat sy aanvanklik 'n klag van bedrog teen Himarwa en Mensah-Williams oor die beweerde onbetaalde dividende gelê het. Sy moes borgtog van N$4 000 betaal.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%