Boois vas vir tenderbedrog
Die geskorste hoof van die Hardapstreeksraad, me. Yvonne Boois, is op aanklagte van tenderbedrog in hegtenis geneem. Haar inhegtenisname is deur mnr. Nelius Becker, hoof van ondersoeke en vervolging by die Teenkorrupsiekommissie (ACC), bevestig.
Becker kon gister egter nie sê of Boois reeds in die hof op die aanklag verskyn het nie. 'n Ondersoek deur die ACC het ook ander senior beamptes van die streeksraad by die beweerde korrupsie betrek. Hul name is egter nog nie bekend gemaak nie.
Die aanklagte teen Boois hou verband met die onregmatige toekenning van tenders in die Hardapstreek terwyl sy as boekhouer in diens van die raad was.
Boois was gereeld in die nuus weens haar beweerde “vete” teen die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa. Laasgenoemde het verlede jaar gesê sy het Boois 'n guns gedoen deur haar as hoof van die streeksraad aan te stel.
Ook het sy na bewering haar man gevra om aan Boois gratis 'n 17,2%-aandeel in sy vismaatskappy te gee “om haar as 'n vrou onder my leierskap te bemagtig”.
Boois het later vir Himarwa voor die hof gedaag oor beweerde bedrog nadat sy agterdogtig geraak het oor hoe winste tussen haar mede-aandeelhouers verdeel is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie