BoN sê basta met bankbase
Die afgedankte hoofde van SME Bank wat beweer dat hulle onwettig uit hul poste verwyder is, het die Bank of Namibia tot gister kans gegee om hulle weer aan te stel.
Jacqueline Louw - Die Bank of Namibia (BoN) het laat gistermiddag deur middel van sy woordvoerder, me. Hilaria Graig, bevestig die stappe deur die sentrale bank op 1 Maart om die topbestuur van SME Bank uit hulle poste te onthef, bly van krag.
BoN het op 1 Maart 'n mediaverklaring uitgereik waarin bekend gemaak is dat die BoN beheer oor die bates, laste, besigheid en sake van dié bank geneem het en uitvoerende hoof Tawanda Mumvuma asook die finansiële bestuurder en die tesouriehoof van SME Bank van hul pligte onthef het. Volgens die mediaverklaring is die hele raad van direkteure ontmagtig en moes hulle alle sake van die bank aan die BoN oordra.
Die BoN het tydens dié afdankings 'n tussentydse direksie aangewys en 'n waarnemende uitvoerende hoof aangestel. Die besluit deur die BoN is geneem nadat SME Bank nie “bevredigende antwoorde” oor beleggings van voorlopig tussen N$181 miljoen en N$196 miljoen aan die sentrale bank kon verskaf nie.
Teen druktyd gister was mnr. Sisa Namandje, die regsverteenwoordiger van die mede-eienaar van SME Bank, die Zimbabwiese sakeman mnr. Enock Kamushinda, die uitvoerende hoof mnr. Tawanda Mumvuma, die finansiële bestuurder, die bestuurder van die tesourie en ander lede van SME Bank se direksie nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Agtergrond
Mnr. Ipumbu Shiimi, president van die BoN, het Republikein aan die begin van Maart meegedeel dat sekere van SME Bank se beleggings nie aan gesonde beleggingsbeginsels voldoen nie en dit moontlik 'n risiko vir die stabiliteit van die bank kan inhou.
Hy kon in daardie stadium net bevestig dat die geld in Suid-Afrika belê is, maar presies in watter banke en beleggingsinstrumente moet nog deur die BoN bepaal word.
Volgens Shiimi is tussen N$800 miljoen en N$900 miljoen by SME Bank in deposito's belê, maar hy het 'n beroep op kliënte gedoen om kalm te bly en nie hul geld te onttrek nie en die versekering gegee dat sake by SME Bank soos normaal sal voortgaan.
Mnr. Benustus Herunga, wat reeds 'n geruime tyd deel van SME Bank se uitvoerende bestuurspan was, het intussen die leisels as uitvoerende hoof oorgeneem. Die tussentydse direksie bestaan uit adv. Dennis Khama, me. Melani Sophie Tjijenda, mnr. Ali Iipinge en mnr. Fanuel Kisting.
SME Bank is reeds in omstredenheid gedompel sedert dit in 2009 onder aanvoering van pres. Hage Geingob, toe die minister van handel en nywerheid, na 'n banklisensie by die BoN begin vry het. Die bank se voorlopige lisensie is twee keer hernu terwyl oor onder meer die aandeelhouers tougetrek is.
Kamushinda was een van die groot dorings in die BoN se vlees. Kamushinda, wie se naam al op die Anti-Corruption Trust of Southern Africa (ACT) se lys verskyn het, wou 35% van SME Bank deur sy maatskappy World Eagle bekom. Eers nadat sy aandeelhouding tot 5% gesny is, was die BoN tevrede.
SME Bank het uiteindelik in 2012 begin sake doen.
Volgens begrotingsdokumente het die belastingbetaler in die bank se eerste twee bestaansjare reeds N$233,2 miljoen daarin gepomp. Sedertdien is nóg sowat N$236 miljoen na raming in 2015-'17 daaraan bestee.
Van 2017 tot 2019 sal SME Bank voorlopig vir sowat N$193 miljoen se begrotingsgeld bakhand kan staan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie