Bome in Namibië deur Luise Hoffmann
Die mopanieboom
Die onmiskenbare kenmerk van die mopanieboom (Colophospermum mopane) is die saamgestelde blare.
Hulle bestaan uit twee breë, sekelvormige blaartjies wat naby die basis aanmekaar geheg is en lyk soos die vlerke van 'n skoenlapper of die spoor van ? wildsbok.
Wanneer die nuwe blare in die lente verskyn, is hulle blink koperkleurig tot goudgeel en lyk dus soos 'herfskleure in die somer'. Met verloop van tyd word hulle groen. Indien hulle gedurende die seisoen deur die mopaniewurm afgevreet word, herhaal hierdie kleurryke skouspel homself. Op 'n warm dag soek 'n mens tevergeefs na skaduwee onder 'n mopanieboom. Sy blare vou netjies teenmekaar en draai weg van die son. Op hierdie manier beskerm die boom homself teen uitermatige uitdroging.
Die mopanie is die oorheersende spesie in groot gedeeltes van die noordwestelike streke van Namibië. Die spesie oorheers noordwaarts van die Brandberg en wes vanaf Otjiwarongo. Enkele mopaniebome groei in die omgewing van Nkurenkuru en dan weer in groter hoeveelhede in die oostelike Zambezistreek.
Die Omusatistreek is na hierdie boom vernoem omdat dit daar so volop groei. Dit kom ook baie in die streke Oshana en Oshikoto en in die westelike gedeeltes van Etosha (Halali) voor. Mopanies aard goed in grond wat swak dreineer en groei selfs volop in baie droë en warm streke.
Dit is 'n skraal, V-vormige boom, word sowat 5 tot 12 m hoog raak, met een reguit stam of ‘n stam wat naby die grond in twee of meer stamme verdeel. Die takke groei redelik regop en die kroon is meestal afgeplat en nie baie dig nie. Mopanies vorm dikwels uitgebreide, eentonige, digte ruigtes van 1 tot 2 m hoog. Daar kan verskillende oorsake vir hierdie verskynsel wees: 'n gebrek aan vrugbaarheid van die grond of watertekort, oorbeweiding of oormatige uitkap van die bome.
Die grys stam is baie grof en in die lengte gegroef.
Die onopvallende, klein, groengeel blomme groei in die vorm van hangende trossies vanaf November tot Januarie. Dit gebeur dat groot lappe mopanies 'n paar jaar na mekaar geen blomme of vrugte dra nie.
Die vrugte is plat, onreëlmatig ovaal of niervormige peule en ligbruin tot okerkleurig en leeragtig. Hulle hang in trossies aan die boom en bevat slegs een verrimpelde saad wat met olierige harpuiskliertjies gespikkel is.
Die botaniese naam Colophospermum beteken " saad wat met harpuis bedek is" . Die saad word hoofsaaklik versprei wanneer dit aan die pote van diere vaskleef. Vanweë die olierigheid brand die peule soos kersies.Die boom bevat in al sy dele so baie harpuis dat dit maklik brand – selfs wanneer dit groen is.
In die streke Omusati, Oshana en Oshikoto word hierdie boom oorwegend vir die konstruksie van tradisionele behuising, paalheinings en gewone heinings gebruik omdat sy hout teen termiete en ander insekte bestand is. Sy bas word gebruik om die raamwerk van die huise en die pale van die heinings aanmekaar vas te bind. Die hout is ook baie geskik vir vuurmaak. Dit brand lank en warm, versprei 'n aangename geur en verskaf uitstekende houtskool.
Voeding: Die loof van die mopanieboom bevat tot 12,6% proteïene en wild vreet dit graag. Die blare behou die voedingswaarde selfs nadat dit afgeval het en word dan ook deur vee van die grond af opgetel. Alhoewel die loof en peule sterk na terpentyn ruik, word hierdie reuk nie na die diere se vleis of die melk oorgedra nie. Olifante, kameelperde en renosters vreet die takke en olifante vreet selfs die bas en die wortels.
Die buitebas bevat baie tannien en word gebruik om velle te looi. Dit verleen ? ligbruin kleur aan leer.
Die dik, swart ruspes van die mopaniemot Gonimbrasia belina vreet die blare en kan hierdie bome binne 'n paar weke kaal laat staan. Die mopaniemot het 'n vlerkspan van 12,5 cm en is ‘n baie mooi rooibruin en grys gekleur.
Die mot se stekelrige ruspes word tot 7 cm lank en is swart met rooi en geel spikkeltjies. Hulle is baie voedsaam en 'n gesogte lekkerny waar ook al die mopanieboom voorkom. Hulle kan gerooster of gedroog vir 'n paar maande in voorraad gehou word.
'n Ander insek wat saam met die mopanie voorkom, is die sogenoemde mopanievlieg – 'n baie klein swart by wat deur die vog om 'n mens se oë en neus gelok word. Die mopanievlieg dwarrel dikwels in digte swerms voor 'n mens se gesig rond en kan baie lastig wees. Gelukkig kan dié bytjies nie steek nie. Hulle maak hul neste in die holtes van die mopaniebome en 'n mens kan soms die wasagtige, effens geboë pypies sien wat die ingang tot so 'n nes vorm.
'n Ander opvallende verskynsel van mopanies is die skril geraas van die sonbesies, wat so tipies van 'n warm somerdag is. Hulle lyk soos groot vlieë en kan tot 4 cm lank word.
Mopaniehout is geneig om holtes te vorm en neushoringvoëls, houtkappers en ander voëls asook die boshorinkie (Funisciurus congicus) maak graag hulle nes in hierdie holtes. Die boshorinkie vreet die sade van die mopanie en die dooie wurms.
Medisinaal: Aftreksels van die bas en gekoude blare word gebruik om maagpyn te verlig. ? Afkooksel van die buitebas dien as middel teen diarree, terwyl ? blaaraftreksel help teen hardlywigheid. Blare word gebruik om wonde te ontsmet en om bloeding te stop. Vir dié doel word hulle gekou totdat slegs die wit vesels oorbly. Die vesels word op die wond geplaas waar dit die bloed opsuig en die bloeding stop.
Die harpuis wat deur die hout afgeskei word wanneer dit verhit word, is 'n uitstekende geneesmiddel vir hardnekkige wonde. Die as van die hout bevat baie kalsium sowel as fosfor en kan dus as kunsmis gebruik word.
Bygelowe: Die Himba-mense in die Kunenestreek beskou die mopanie as 'n heilige boom. Sy takke word langs die heilige vuur geplaas en sy blare word tydens reinigingseremonies gebruik.
Mopaneboompies kan uit saad gekweek word. As dit uit die peul gehaal word, ontkiem die sade vinniger. Tot ? hoogte van omtrent 20 cm groei hulle stadig – daarvandaan vinniger. Die mopanie is ? mooi boom veral vanweë die veranderende kleur van sy blare. Die wortelstelsel is nie aggressief nie, maar die boom is egter gevoelig vir ryp.
Name: D. Mopane, E. mopane, butterfly tree, turpentine tree; H., Nd. & Ky. omusati; N/D. !oenis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie