Bome in Namibië
Die Namibiese harpuisboom
Daar kom nege verskillende houtagtige Ozoroa-spesies (Ozoroa crassinervia, Fam Anacardiaceae) in Namibië voor.
Almal ruik baie duidelik na harpuis wanneer die blare gekneus word en die are op hul blare loop kenmerkend parallel. Die Namibiese harpuisboom en die gewone harpuisboom (Ozoroa paniculosa) word bome van 5 tot 9 meter hoog, terwyl die ander spesies kleiner bome of struike is.
Almal wat graag op berge rondklouter, sal die Namibiese harpuisboom maklik herken aan sy baie skurwe, donkergrys tot swart bas wat in afgeronde vierkante bars. Hierdie boom groei by voorkeur uit rotssplete en op heuwels en berge en is amper altyd groen. Die dik, leeragtige blare is opvallend. Dit is enkelvoudig met ’n gladde rand en ’n tipiese, baie duidelike patroon van are: Die dik sekondêre are lê feitlik parallel met mekaar.
Name
E. Namibian resin tree; D. Schwarzborkenbaum – verwys na die swart bas; H. omuryahere - hierdie naam word ook vir die baie meer volop wildepeer Dombeya rotundifolia gegee, wat ook ’n baie skurwe stam het en hoofsaaklik op berge aangetref word.
Die blare en blomme verskil egter baie vanmekaar. Die Afrikaanse en Engelse name van die harpuisboom verwys na die melkerige sap wat die meeste Ozoroas afskei wanneer hulle beseer word. Hierdie sap het ook ’n tipiese reuk waarna die wetenskaplike naam Ozoroa verwys wat waarskynlik van Arabiese oorsprong is. Die soortnaam crassinervia dui op die opvallende patroon van parallellopende are op die blare.
Hierdie boom word alleenlik vanaf noordelike Namakwaland tot die sentrale en westelike gedeeltes van Namibië byna tot by die Kunene aangetref. Dit is dus nagenoeg endemies, ’n feit waarna ook die gewone naam van die boom verwys.
Die boom groei altyd op berge, onder meer die Waterberg, Naukluft-, Eros- en Otaviberge, en op die heuwels in Daan Viljoen-park, maar is nooit volop nie.
Die Namibiese harpuisboom is gewoonlik enkelstammig met ’n ronde kroon en word tot 9 m hoog. Die donkergrys tot swart, baie skurwe stam met sy bas wat in klein afgeronde vierkante bars, is baie kenmerkend.
Klein, witterige blommetjies verskyn in Oktober in trossies aan die punte van die takke. Vroulike en manlike blomme groei op aparte bome.
Die vrugte is plat steenvruggies, eers groen met donker kolle. Mettertyd verrimpel hulle, word swart en lyk soos rosyntjies wat in yl trossies hang. Hulle word deur voëls gevreet.
Ozoroa-spesies wat dalk met die Namibiese harpuisboom verwar kan word is O. dispar, O. namaensis en O. concolor, besonderhede waaroor nagelees kan word in Le Roux and Müller’s Field Guide to the Trees and Shrubs of Namibia, uitgegee deur MacMillan Education Namibia. Hierdie plante kom egter slegs in beperkte dele van suidelike Namibië voor, terwyl die Namibiese harpuisboom oor die rotsagtige westelike gedeeltes van Namibië aangetref kan word.
Hierdie pragtige boom met sy donker stam en die ronde kroon van groot blare kan ’n aanwins vir enige tuin in die rotsagtige en droër dele van die land wees. Die saad ontkiem maklik en wanneer gevestig, groei die boom redelik vinnig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie