Bom in motor eis kind
Bom in motor eis kind

Bom in motor eis kind

’n Kind en ’n lid van die veiligheidsmagte is Vrydag dood in ’n motorbomontploffing in die Irakse stad Mosul. Tien ander is gewond, het ’n plaaslike mediese beampte gesê. Bronne sê minstens vyf veiligheidspersoneellede is in die ontploffing in Mosul se Muthanna-distrik beseer. Dit was die tweede ontploffing in net meer as ’n week in die stad, wat van 2014 tot 2017 die Islamitiese Staat se de facto-hoofstad was. Isis-militante, wat nog op vrye voete in dele van Noord-Irak is, word gewoonlik vir sulke voorvalle blameer. Isis het nog nie verantwoordelikheid vir die ontploffing aanvaar nie. Militante het hul taktiek aangepas tot opstandige aanvalle sedert die Islamitiese Staat in 2017 in Irak verslaan is en uit gebiede verdryf is wat hy vir jare beheer het. Foto Netwerk24/AFP

Kommentaar

Republikein 2025-06-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer