Bokspan: Rassie gaan nie torring
Rugby
Cobus Claasen - Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sal na verwagting vandag vir die eerste keer sedert hy die leisels geneem het, ’n onveranderde beginspan aanwys.
Hoewel daar nog ’n finale besluit oor hom geneem moet word, kan die slot Eben Etzebeth se insluiting as ’n plaasvervanger die enigste verandering aan die 23-tal wees wat Saterdag in Cardiff teen Wallis speel.
Etzebeth het van sy voetbesering herstel en behoort op die bank te sit ten koste van Lood de Jager.
Dit is duidelik dat Erasmus op die jaareindtoer onder meer kombinasies wou vestig en proefnemings tot ’n minimum beperk.
Die drietal van Steven Kitshoff, Malcolm Marx en Frans Malherbe, het sover in al drie die toetse teen Engeland, Frankryk en Skotland in die voorry gesak.
So ook was Jesse Kriel en Damian de Allende die senterpaar en het Erasmus vir Sbu Nkosi en Aphiwe Dyantyi in al die toetse as vleuels verkies.
Die Bok-breier het verlede week in Edinburgh gesê daar is ná die Rugbykampioenskap besluit om kontinuïteit op die jaareindtoer te kry.
Ofskoon beserings ’n rol sal speel, behoort Erasmus se Wêreldbeker-span oor sowat tien maande nie veel te verskil van die een wat Saterdag teen die Drake aantree nie.
Dit is onwaarskynlik dat die beseerde Beast Mtawarira, ’n veteraan van 107 toetse, ná dese die voorkeur-loskopstut in Japan sal wees.
Kitshoff het die meeste van die geleentheid in Mtawarira se afwesigheid gemaak en sy skrumwerk is deurgaans indrukwekkend.
Embrose Papier sal Saterdag weer op skrumskakel begin, wat daarop dui dat Erasmus hom as Faf de Klerk se adjudant beskou. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie