Bokomo: Prysverligting vir verbruikers
Bokomo: Prysverligting vir verbruikers

Bokomo: Prysverligting vir verbruikers

Elvira Hattingh
Bokomo Namibië het 'n prysverlaging op al hul meel-, pasta en mieliemeelprodukte aangekondig.

Die verlagings tree op 6 Maart in werking en is moontlik gemaak deur die versterking van die Namibiese dollar, asook verbeterde pryse van ru-materiaal.

Die prys van Bokomo se koringmeel, koekmeel, Bokomo Complete Mix en pasta sal elk met 7% verlaag, terwyl hul mieliemeel 13% goedkoper sal wees. Globaal het die prys van koring en mielies verlaag en boonop het die versterking van ons geldeenheid daartoe gelei dat daar tans plaaslik minder vir dié produkte­ betaal word.

Indien die goeie reëns in Suid-Afrika se somerreënvalgebiede voortgaan, kan mieliepryse nog verder verlaag tot die einde van die jaar. Sedert die begin van die reënseisoen het die mielieprys van N$3 789 per ton in November tot N$3 388 per ton in Januarie geval.

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer