Bokomo: Prysverligting kom vir verbruikers
Bokomo Namibië het pas ’n prysverlaging in al hul meel-, pasta en mieliemeel produkte aangekondig. Die verlagings tree op 6 Maart in werking en is vanweë die versterking van die Namibiese dollar asook verbeterde pryse van ru-materiaal. Die prys van Bokomo se koringmeel, koekmeel, die Bokomo Complete Mix en pasta sal elk met 7% verlaag word, terwyl hul mieliemeel 13% goedkoper sal wees.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie