Bokke teen studente, sakemanne, boere opgeweeg

Die span onder kaptein Tjiuee Uanivi sien baie daarna uit om hulself te toets teen 'n Suid-Afrikaanse span wat sterk op dreef is.
Hendrik Cronjé - Namibië se afrigter, Phil Davies, het net sewe beroepspelers in sy 23-tal vir môre se Wêreldbeker-groepwedstryd in Toyota teen die Springbokke ingesluit.

Louis van der Westhuizen, Tjiuee Uanivi, Lesley Klim, Aranos Coetzee, Janco Venter, TC Kisting en Johan Deysel is die enigste voltydse spelers.

Minstens vyf ander wat teen die Bokke speel, is studente, terwyl die res sakemanne of boere is en vir onder meer banke werk.

In totaal het Namibië net nege beroepspelers in sy Wêreldbekergroep van 31 spelers, van wie een (Torsten van Jaarsveld) 'n blaaskans ná die toets Italië gegun word.

Phil Davies, afrigter van Namibië, wil Van Jaarsveld eerder rus met die oog op volgende week se toets teen die All Blacks. Dit behoort aan die jong Obert Nortjé van Unam sy WB-debuut te besorg.

“Ons het drie baie goeie hakers,” sê Davies.

“Ons het 'n baie belangrike toets volgende week. Ons moes ook vorentoe kyk. Torsten was uitstekend teen Italië en hy gaan 'n groot rol in ons veldtog speel.”

Twee van die ander bekendes in die Namibiese groep, flank Rohan Kitshoff en binnesenter Darryl de la Harpe, is beseer. Hulle is nie vir die Bok-toets oorweeg nie.

“Dis 'n baie goeie vraag hoe ons dinge moet balanseer vir die naweek se toets teen die Bokke en 'n week later s'n teen die All Blacks. Ons gaan bietjie geluk benodig as ons in ons laaste groepwedstryd teen Kanada ons eerste Wêreldbeker-sege in die geskiedenis wil behaal,” het Davies gesê.

Namibië wil volgens hul breier sekere doelwitte met hul aanvallende spel en verdediging teen die Bokke behaal.

“Ons wil weekliks verbeter. Ons moet tegelykertyd die spelers probeer vars hou vir die wedstryd teen Kanada. Ons het 'n rotasiebeleid wat ons volg.

“Ons verwag 'n fisieke aanslag van die Bokke. Dis waarom ons ses voorspelers en net twee agterspelers op die bank gekies het.

“Ons het egter 'n groep propvol energie. Ons is oorgehaal om een van die beste spanne ter wêreld te takel.”

Die 23-tal wat Rassie Erasmus eergister bekend gemaak het, het nie Davies se spankeuses beïnvloed nie. Hy reken ook nie Schalk Brits se insluiting op agtsteman is 'n waagstuk nie.

“Schalk Brits is so 'n vaardige speler, hy kan waarskynlik ook losskakel speel. Hy is 'n baie talentvolle speler.

“Hulle het 'n sterk groep. Hulle het heelwat veranderinge (altesaam 13) gemaak ná die toets teen die All Blacks, maar het klomp spelers van gehalte ingebring. Hulle het veral 'n baie sterk bank gekies.

“Dis 'n groot geleentheid vir ons. Dis 'n span vir wie ons 'n hoë agting het aangesien SA Rugby ons baie ondersteun en help.

“Ons kan nie vir groter hulp van SA Rugby vra nie. Michael Horak en die Haaie veral het ons baie gehelp.

“Ons kry ook baie waardevolle blootstelling in die Super­Sportreeks.”

'n Teenstander soos die Bokke sal Davies nie van sy spelpatroon laat afwyk nie, al kan hulle 'n duur prys daarvoor betaal.

“Namibiese rugby draai vir my om flair. Dit lyk asof hulle 'n span gekies het wat hardlooprugby wil speel, wat ons ook geniet.”



NAMIBIË (toetse tussen hakies)

15 Johann Tromp (41), 14 Chad Plato (3), 13 JC Greyling (33), 12 PJ Walters (1), 11 Lesley Klim (11), 10 Cliven Loubser (16), 9 Eugene Jantjies (68), 8 Adriaan Booysen (5), 7 Max Katjijeko (14), 6 Thomasau Forbes (17), 5 Tjiuee Uanivi (kaptein, 31), 4 Johan Retief (8), 3 AJ de Klerk (29), 2 Louis van der Westhuizen (20), 1 Desiderius Sethie (12).

Reserwes: 16 Obert Nortjé (15), 17 André Rademeyer (4), 18 Aranos Coetzee (22), 19 Prince !Gaoseb (2), 20 Janco Venter (26), 21 Wian Conradie (18), 22 TC Kisting (9), 23 Johan Deysel (24).



SUID-AFRIKA (toetse ­tussen hakies)

15 Warrick Gelant (7), 14 S'bu Nkosi (8), 13 Lukhanyo Am (10), 12 Frans Steyn (61), 11 Makazole Mapimpi (9), 10 Elton Jantjies (35), 9 Herschel Jantjies (5), 8 Schalk Brits (kaptein, 13), 7 Kwagga Smith (4), 6 Francois Louw (70), 5 Lood de Jager (40), 4 RG Snyman (17), 3 Vincent Koch (15), 2 Bongi Mbonambi (31), 1 Tendai Mtawarira (112).

Reserwes: Steven Kitshoff (41), Thomas du Toit (10), Eben ­Etzebeth (80), Siya Kolisi (44), Franco Mostert (33), Cobus Reinach (12), Damian de Allende (41), Cheslin Kolbe (11).



WETENSWAARDIG

Tjiuee Uanivi, Cliven Loubser, JC Greyling, Chad Plato en Johann Tromp is die enigste spelers wat ook in Namibië se beginspan teen Italië was.

Ses spelers maak hul WB-debuut, naamlik Lesley Klim, Adriaan Booysen, Thomasau Forbes, Desiderius Sethie en die plaasvervangers Obert Nortjé en Prince !Gaoseb.

Die tien veranderinge is die tweede meeste wat Namibië nóg tussen Wêreldbeker-wedstryde aangebring het. Die meeste was elf, toe daar net vier rusdae voor hul laaste wedstryd in 2015 teen Argentinië was.

Die spankeuse laat Janry du Toit (senter of vleuel) as die enigste toerlid in Japan wat nog nie in 'n wedstrydgroep ingesluit was nie.

Die tien veranderinge is egter minder as die 13 aan die Bokspan wat laas naweek teen Nieu-Seeland verloor het en waarin net Lukhanyo Am en Makazole Mapimpi in hul posisies aanbly.

• Eugene Jantjies stoot sy nasionale rekord vir die meeste toetse vir Namibië tot 68 op. Twaalf daarvan was in Wêreldbekers.

• AJ de Klerk is vir die eerste keer in die beginspan vir 'n Wêreldbeker-wedstryd, met sy vorige drie verskynings almal as plaasvervanger. Sy regstreekse opponent, Tendai (Beast) Mtawarira, spog met 112 toetse waarvan twaalf in sy drie WB-toernooie sedert 2011 was.

• Peter-John Walters begin as binnesenter. Die voormalige Goue Leeu het teen Italië van die reserwebank af in sy eerste toets gespeel – die eerste keer sedert 2011 (Raoul Larson, Danie Dames en Henk Franken) dat 'n Namibiër sy debuut in 'n WB-toets gemaak het.

Walters se nuwe sentermaat, JC Greyling (laas naweek in die 11-trui) is loshande Namibië se voorste driedrukker sedert die vorige Wêreldbeker, met 17. Geen ander landgenoot het in hierdie periode meer as twaalf gedruk nie.

Greyling en Lesley Klim is op 'n lys van net ses spelers wat in die professionele era minstens vier drieë in 'n enkele toets gedruk het.



'BETER AS KANTOORWERK'

Die flank Thomasau Forbes het gister ook die nuuskonferensie ter aankondiging van die span bygewoon en is uitgevra hoe sy beroepslewe by 'n handelsbank daarmee vergelyk om in 'n Wêreldbeker te speel.

Forbes, wat in 2015 een van die ongelukkige spelers was wat moes tuisbly en gekies is om môre sy WB-debuut te maak, sê: “Wel, ek geniet rugby meer as kantoorwerk. Dit is altyd spesiaal om vir jou land te speel, veral by 'n Wêreldbeker.

“Ek sal die meeste maak van die geleentheid terwyl ek hier is en kyk wat gebeur.

“Ek het 'n goeie verhouding met my werkgewers. Vir die laaste twee maande was hulle baie tegemoetkomend om my verlof te gee wanneer ek dit nodig gehad het. Soggens het ek halfses opgestaan vir 'n sessie in die gimnasium wat tot 08:30 duur. Dan kom ek negeuur by die kantoor en werk meestal deur die middaguur; eet soms by my werkstasie. Halfvyf klaar gewerk en dan terug veld toe. Ek kom dan miskien agtuur by die huis, eet, pak my sak en gaan slaap.”

Ondanks sy betreklike klein liggaamsbou is Forbes 'n hardwerkende mededinger met 'n hoë werkverrigting as oopkantflank. Hy en sy lostriomaats Max Katjijeko en Adriaan Booysen was al drie betrokke in die oorwinning teen Uruguay in Juniemaand in Montevideo.

- Netwerk24 en eie berig

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.43/OZ DOWN -0.0052 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.71/BBP UP +0.52% | Platinum US$ 1 060.61/OZ DOWN -0.0086 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.43/OZ DOWN -0.0052 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.71/BBP UP +0.52% | Platinum US$ 1 060.61/OZ DOWN -0.0086