Bok Frans maak buiging vir VS
Rugby
Marnus Kok – Die tweemalige Wêreldbekerwenner Frans Steyn maak Saterdag sy buiging vir die Vrystaat-Cheetahs wanneer hulle Griekwas in ’n oefenwedstryd in Kimberley pak.
Steyn (33), ’n oudleerling van Grey-kollege in Bloemfontein, was lid van die Springbokspanne wat in 2007 én 2019 die Wêreldbekertoernooi gewen het.
Dié boorling van Bethlehem in die Vrystaat sal die middelveld saam met Benhard Janse van Rensburg beman.
Nog ’n Springbok, Ruan Pienaar, is die skrumskakel en sal ook die span aanvoer. Die agterste driehoek bestaan uit Clayton Blommetjies, Malcolm Jaer en die Blitsbok Rosko Specman.
Die nr. 2-trui word aan Reinach Venter toevertrou, nadat die haker Joseph Dweba groener weivelde oorsee gaan soek het en Wilmar Arnoldi beseer is.
Hawies Fourie, afrigter van die Vrystaat-Cheetahs, het ’n groep van 30 spelers aangewys, wat nog ’n Bok, Oupa Mohoje (losvoorspeler), en die Amerikaanse toetsspeler Ruben de Haas (skrumskakel) insluit. Ander bekende spelers wat hul slag gaan wys, is die veelsydige agterspeler William Small-Smith en George Cronjé (losvoorspeler). Cronjé was in 2019 nog op die skoolbanke by Grey.
Fourie sê sy span is goed voorberei en dat hy uitsien na ’n paar spelers se vertonings.
Vir die Vrystaters sal dié kragmeting hulle ’n tree nader bring om slaggereed te wees vir die komende reeks, waarin hulle hul Curriebekertitel gaan verdedig.
Die skrumskakel Tian Meyer het egter vandeesweek aan Owen Kock gesê hulle kyk nog nie so ver vooruit nie en fokus nou daarop om met elke wedstryd hul bes te doen.
“Ek glo Griekwas is ewe honger vir rugby as ons en hulle sal goeie energie na die wedstryd bring. Hulle was nog altyd ’n baie mededingende span en ons verwag niks minder Saterdag nie.
“Die oefenwedstryd is ’n goeie geleentheid vir albei spanne om te sien waar ons staan in terme van ons voorbereiding,” sê Meyer.
Weens die Covid-19-regulasies sal geen toeskouers by die wedstryd toegelaat word nie.
• Vrystaat-Cheetahs:
Clayton Blommetjies, Malcolm Jaer, Benhard Janse van Rensburg, Frans Steyn, Rosko Specman, Tian Schoeman, Ruan Pienaar (k), Jasper Wiese, Junior Pokomela, Andisa Ntsila, Walt Steenkamp, Carl Wegner, Luan de Bruin, Reinach Venter, Charles Marais.
Reserwes: Louis van der Westhuizen, Boan Venter, Erich de Jager, JP du Preez, Oupa Mohoje, Tian Meyer, Chris Smit, William Small-Smith, Aidon Davis, Ruben de Haas, Carel-Jan Coetzee, Craig Barry, Adriaan Carelse, Chris Massyn, George Cronjé.
• Griekwas (uit): Agterspelers: James Verity-Amm, Bjorn Basson, Daniel Kasende, Anthony Volmink, Johnathan Francke, Berton Klaasen, André Swarts, Eduan Keyter, Harlon Klaasen, George Whitehead (k), Ashlon Davids, Zak Burger, Chriswill September. Voorspelers: Thembelani Bholi, Stefan Willemse, Shaine Orderson, Niell Jordaan, Zandré Jordaan, Carl Els, Ian Groenewald, Mzwanele Zito, Victor Sekekete, Adré Smith, Ewan Coetzee, CJ Conradie, Monde Hadebe, Andrew Beerwinkel, Khwezi Mona, Mox Mxoli, Madot Mabokela, Ewald van der Westhuizen, John-Roy Jenkinson.
• Afskop: 10:30.
– Netwerk24
FOTO
Frans Steyn probeer glip uit die greep van Namibië se losskakel Cliven Loubser tydens die 2019 Wêreldbekertoernooi in Japan. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie