Bok-ekspo ’n platform vir ekonomiese groei
Die Berseba Bok-ekspo is ’n platform om geleenthede vir gemeenskappe te skep om armoede, ’n gebrek aan inkomste en werkloosheid te beveg. Mnr. Dawid Boois, raadslid van die Berseba-kiesafdeling, het tydens die amptelike opening van die tweede Bok-ekspo op die dorp gesê armoede ’n “mensgemaakte euwel”. Volgens hom bied die ekspo ’n platform aan landelike gemeenskappe en in veral klein- en mediumsakeondernemings om hul produkte en dienste bekend te stel.
“Ons het bokke beskikbaar aan baie in ons boederygemeenskap wat ons as die ruggraat vir voedselsekuriteit en die sosio-maatsklike ontwikkeling van ons gemeenskappe beskou.” - Nampa
“Ons het bokke beskikbaar aan baie in ons boederygemeenskap wat ons as die ruggraat vir voedselsekuriteit en die sosio-maatsklike ontwikkeling van ons gemeenskappe beskou.” - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie