'Boikot Shoprite'
'Boikot Shoprite'

'Boikot Shoprite'

'n Permanente sekretaris sê alle Namibiese werkers moet die Shoprite-winkels vermy.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die permanente sekretaris van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Bro- Matthew Shinguadja, sê “elke Namibiese werker en sy of haar gesin, vriende, bure en besoekers moet by die boikot aansluit en Shoprite vermy”.

Dit volg op 'n openbare versoek op Namibiese sosiale media dat verbruikers die reuse- Suid Afrikaanse kettingwinkel boikot.

Dié reaksie is teen Shoprite, deel van die Checkers-groep, se besluit om 93 werknemers te dagvaar vir die onkoste van 'n onwettige staking in 2015 waaraan hulle deelgeneem het, asook vir die koste van die dissiplinêre aksie teen die werknemers. Shoprite eis meer as N$4,5 miljoen van die werkers. Dit terwyl al die werkers ook hul werk kan verloor.

Die dissiplinêre verhore is pas voltooi, maar volgens prokureur Samuel Philander, wat Shoprite aangestel het om die aksie die lei, mag dit nog maande neem voordat hy sy finale bevinding maak, sê werkers. Hulle ”hoop nog vir die beste” en dat hulle nie hul werk kwyt is nie.

Shoprite sê hulle het in November 2015 die hofbevel teen werknemers bekom nadat hulle in Desember 2014 en Julie 2015 aan stakings deelgeneem het. Die bevel is vir verlore verkope, regskostes en skade wat gely is.

Volgens hul mediaspan glo die maatskappe alle werkers verdien redelike en behoorlike werksomstandighede. “Ons poog altyd om in ons onderhandeling met ons werknemers die prinsiep van regverdigheid en respek in nakoming van die bepalings van heersende arbeidswetgewing te handhaaf.”

Gemiddeld verdien die Shoprite-werkers, sommige ná meer as 20 jaar se diens, minder as N$3 000 per maand. Die permanente kontrakwerkers verdien minder.

Die werkers het aanvanklik aangedring op beter werksomstandighede, vergoeding en verteenwoordiging, asook die wegdoen met die permanente kontrakstelsel. Binnegevegte tussen vakbonde wat Shoprite-werkers wou verteenwoordig, het egter tot die onwettige stakings gelei.

Van die werkers, wat anoniem met Republikein gepraat het, sê hulle “sal nooit weer aan 'n staking deelneem nie, nooit weer 'n vakbond glo nie, en ook nie hulp by die ministerie van arbeid soek nie, omdat dit nie help nie”.

Shinguadja sê die werkers mag weens vrees en desperaatheid so dink. “Dit is nog altyd hul reg om die ministerie te nader of by 'n vakbond aan te sluit as hulle wil."

Hy sê die ministerie is diep teleurgestel deur die Checkers-groep van maatskappye en veral die bestuur van Shoprite in Namibië.

“Die koste verbonde aan die sogenoemde dissiplinêre aksie teen die werkers is selftoegedien en het nie volgens plan verloop nie, nadat Shoprite alle advies geïgnoreer het om óf die proses te verkort óf eenvoudig stop te sit,” sê Shinguadja.

“Shoprite mag nog nooit 'permanente-deeltydse werkers' gehad het nie. Hierdie ministerie is op rekord dat dit aan Shoprite uitgestippel is wat die Namibiese arbeidswet bepaal.

“Shoprite het gedink hulle sou die werkers knak en dwing tot onderdanigheid. Dit is glad nie standaard (-praktyk) nie, maar eerder teistering wat grens aan ekonomiese terrorisme,” sê hy.

“Hoe dagvaar 'n mens weens jou eie optrede wat strydig is met die wet en logika? Die ministerie het al die partye betrek, maar sommige uitdagings is vererger deur Shoprite se arrogansie en gebrek aan respek vir ander rolspelers,” sê Shinguadja.

Volgens Shoprite se mediaspan "open Shoprite gedurig nuwe winkels en oor die laaste vyf jaar is 1 275 nuwe werksgeleenthede in Namibië geskep. Ons hoop hierdie saak word spoedig afgehandel om die supermarkgroep toe te laat om kliëntediens te bied en stabiele werksgeleenthede te skep”.

Shinguadja sê egter die regering maak nie staat op Shoprite se werksgeleenthede nie, omdat dit nie behoorlike werk is nie.

“Die ministerie fokus op die groter prentjie van ernstige en behulpsame werkgewers wat meer glo in hul menslike hulpbronne eerder as wins,” sê hy.

“Shoprite het 'n vreedsame en verdraagsame Namibiese burgery uitgelok,” sê Shinguadja.

“Ná hierdie aksie deur die Checkers-groep word verwag dat Shoprite 'n wyse keuse sal maak deur óf te verander óf die land te verlaat, aangesien dit streeks- en kontinentale implikasies vir sy handelsmerk en etiese sakemodel sal hê.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.02/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0117 | Zinc US$ 2 882.50/T UP 0.28% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 949.47/OZ UP +1.57% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.02/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0117 | Zinc US$ 2 882.50/T UP 0.28% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 949.47/OZ UP +1.57%