Boewe oorval egpaar op gewilde staproete
Boewe oorval egpaar op gewilde staproete

Boewe oorval egpaar op gewilde staproete

'n Staproete in die buitewyke van Windhoek maak dit gewild onder natuurliefhebbers maar ook boewe.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Nog twee mense is die ­afgelope week op 'n ­staproete by die gewilde Farm ­Windhoek agter Kleine Kuppe deur boewe aangeval en beroof.

Dit volg twee weke nadat twee vroue wat met hul honde gaan stap het, ook hier boewe ten prooi geval het.

In dié week se voorval is 'n egpaar op die Firewall-­staproete deur twee mans aangeval en beroof. Een van die mans was met 'n mes gewapen. Die egpaar het met rugsakke waarin klippe en ook bedrolle was, vir die stap­roete in die Visrivier-canyon geoefen. Die vrou is na bewering deur een van die mans deur die gesig geklap, terwyl haar man met 'n baksteen aan­gerand is. Hul rugsakke en selfone is gebuit, maar die rug­sakke is tydens die boewe se wegkomkans by 'n krans afgegooi. Die voorval het Dinsdagoggend plaasgevind.

'n Week gelede is twee vroue om 18:30 deur 'n boef met 'n mes aangehou en van 'n selfoon beroof.

Intussen het mnr. Peter van der Merwe van Farm Windhoek en IJG Trails sy skok oor die twee voorvalle uit­gespreek.

“Ons doen alles binne ons vermoë om 'n veiliger om­gewing te bied om in te stap, fiets te ry of die natuur te geniet,” het hy gesê.

Volgens Van der Merwe is die twee onlangse gevalle die eerste in die afgelope 18 maande.

“Omdat dit in die buitewyke van Windhoek geleë is, maak dit die grond gerieflik vir natuurliefhebbers maar ongelukkig vatbaar vir die toenemende misdaadvlakke wat tans in die Windhoek-gebied ervaar word.”

Hy het voorts gesê Farm Windhoek het tans 11 veiligheidswagte in diens wat nie net die twee amptelike ingange patrolleer nie, maar ook die grond wat gehuur word, en die gebiede by die Avisdam.

“Ons het 'n aantal wagtorings wat op die plaasgrens geleë is en oor strategiese gebiede uitkyk. Dit word van 07:00 tot 19:00 beman. Al die veiligheidswagte is ook mobiel op bergfietse, met 'n opgeleide toesighouer op 'n motorfiets vir vinnige optrede.”

Volgens Van der Merwe word nou saamgewerk met Nampol, die stadspolisie en die drie aanliggende buurtwagte. Dit is eerstens om soortgelyke gevalle te voorkom en tweedens om so gou en doeltreffend as moontlik op te tree, sou die situasie dit vereis.

Hy het voorts gesê die reaksiespan was binne 10 minute op die toneel van Dinsdag se aanval en kon ook die boewe agternasit en van die gesteelde goedere terugkry.

“Ons kan natuurlik nie die veiligheid van alle gebruikers waarborg nie, maar ons kan die grootste versekering gee ons sal voortgaan om alles moontlik te doen om teen die stygende misdaadvlakke te baklei.”

Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoof­inspekteur Kauna Shikwambi, is geen amptelike klag by die polisie ingedien nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.92/OZ DOWN -0.0107 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0036 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.57/BBP DOWN -0.0085 | Platinum US$ 954.28/OZ DOWN -0.0013 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.92/OZ DOWN -0.0107 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0036 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.57/BBP DOWN -0.0085 | Platinum US$ 954.28/OZ DOWN -0.0013