Boeties se pa stort hart uit

Gesin gefolter

29 January 2020 | Ongelukke
Denver Kisting – ’n Windhoeker wat die afgelope naweek twee van sy drie seuns verloor het, sê dit is nét sy geloof wat hom en sy vrou staande hou.

Mnr. Christiaan Swartbooi, pa van wyle Ragiem Kahuika (5) en Suarez Swartbooi (4), het sy hart gister teenoor Republikein uitgestort.

“Ek het met ’n sterk geloof grootgeword,” sê hy.

Dié twee boeties het Sondagmiddag omstreeks 17:00 in die munisipale swembad in Olympia in die hoofstad verdrink.

Swartbooi sê hy was ten tyde van die voorval tuis in Goreangab.

Sy vrou, me. Paulina Swartbooi (née Kahuika), haar ma, suster en ander familielede was saam met die seuns toe die tragedie gebeur het, het hy gister by navraag gesê.

Ragiem sou volgende maand ses jaar oud word, terwyl Suarez in Desember sy vierde verjaardag gevier het.

Swartbooi sê Ragiem is in dieselfde jaar van sy en sy vrou se troue gebore.

Die egpaar het nog een seuntjie (3).

Swartbooi sê dit is die tweede voorval van onheil wat hom en sy gesin die afgelope minder as twee jaar getref het.

In 2018 het die gesin se huis in Goreangab afgebrand.

Volgens hom weet hulle steeds nie wat tot dié brand aanleiding gegee het nie.

Hoewel niemand in die voorval beseer is nie, het die gesin al hul besittings verloor, sê hy.

“Alles het uitgebrand.”

Hy sê hulle het sedertdien weer ’n huis in Goreangab opgerig waarin hulle tans woon.

Oor die welstand van sy vrou sedert Sondag se voorval sê Swartbooi: “Sy raak darem nou bietjie oraait.”

Hy sê hul seuns se dood was vir hulle ’n geweldige slag.

“Dit is moeilik, maar wat kan jy maak? Net krag by die Here vra . . .”

Swartbooi sê die seuns word volgende naweek naby Berseba in die Keetmanshoop-distrik begrawe.

[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

6 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

6 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

6 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

6 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

6 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

6 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

6 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

6 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...