Boeties op koers in Tswane
Tennis
Die 15-jarige Connor van Schalkwyk (links) en sy ouboet Codie (18) het gister as dubbelspelpaar by die ITF/CAT junior Afrika-kampioenskap in Pretoria hul eerste rondte-wedstryd op 'n drafstap gewen. Die Namibiërs het met 6-1, 6-4 verby Derick Ominde (Kenia) en Paul Brunel Wambangouadjio (Kameroen) gevorder. Codie, tans nommer 350 op die junior wêreldranglys, is gisteroggend ook eers ná 'n geweldige stryd in die enkelspel se tweede rondte uitgeskakel. Hy het teen Suid-Afrika se Khololwam Montsi, nommer 14 op die wêreldranglys, die eerste stel met 6-3 verloor, maar het selfs 'n stelpunt in die tweede stel gehad voordat dit én die wedstryd met 7-5 uit sy greep geglip het. Die Afrika-toernooi wat deur Tennis Suid-Afrika aangebied word, duur tot komende Sondag.
Foto Facebook (Namibia Tennis Association)
Foto Facebook (Namibia Tennis Association)
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie