Boesman weer veilig by die huis
Na langer as ’n dag alleen in die woestyn, is ’n vermiste hond ongedeerd aan sy baas terugbesorg.
Jessica Botes - Die soektog na die foksterrier, Boesman, wat Sondagoggend vermis geraak het naby Arandis, het Maandag in ’n vreugdevolle hereniging op Swakopmund geëindig.
Die woorde was maar min vir Boesman se baas, mnr. Petrie Pelcher, maar die geluk en verligting was duidelik op sy gesig.
“Wat kan ek sê? Ek het al die ergste vermoed, maar om hom vandag weer hier by my te hê, is net die grootste geluk,” het Pelcher gesê.
Boesman was saam met Pelcher en nog ’n passasier, mnr. Enrique van Zyl, na Swakopmund onderweg toe hul voertuig die pad sowat 10 kilometer wes van Arandis verlaat en verskeie kere gerol het.
Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor toe hy noodgedwonge moes uitswaai vir ’n springbok wat oor die pad gehardloop het. Beide mans is lig beseer en is Maandag reeds uit die hospitaal ontslaan.
“Boesman het op my skoot gesit en my venster was oop. Alles het so vinnig gebeur. Ek weet nie of hy voor my of agter my te lande gekom het nie, maar toe ek weer sien, was Boesman weg,” het Pelcher gesê.
'n Lid van die Swakopmund-buurtwag wat anoniem wil bly, het gistermiddag vir Boesman naby die ongelukstoneel onder 'n bos gevind.
“Ek het Maandag so omstreeks 16:00 besluit om na die ongelukstoneel te ry om vir Boesman te gaan soek. Daardie dag het ek net ’n gevoel gehad dat ek hom sou vind.
“Ek het na hom geroep en toe het hy sy lyfie woes begin swaai soos hy sy stert gewaai het. Hy was doodmoeg en het op pad terug Swakopmund in my arms aan die slaap geraak,” het hy gesê.
Na ’n besoek gister aan ’n plaaslike veearts is bevind dat Boesman geen ernstige beserings opgedoen het nie. Hy is wel ’n bietjie lyfseer en is baie moeg.
Me. Leigh Pascheka, die eerste paramedikus op die ongelukstoneel, het aan Republikein gesê Pelcher se eerste woorde aan haar was oor sy hond.
“Hy het vir my gevra of sy hond daar is. Toe ek vir hom sê daar is nie ’n hond nie, het hy begin huil en my gevra om asseblief vir Boesman te soek,” het sy gesê.
Pascheka het onmiddellik die boodskap oor Boesman wat vermis is op sosiale media soos Facebook en Whatsapp versprei. ’n Groot groep motorfietsryers en ’n paar viertrekvoertuigeienaars is ook ingespan om die soektog uit te brei.
“Al my vriende het help soek. My selfoon het aanhoudend gelui met oproepe en boodskappe van mense wat wou help soek en wat wou hoor of Boesman al gevind is. Ons het oor en oor die ongelukstoneel deursoek, maar Boesman was nêrens te vinde nie,” het sy gesê.
Pelcher het gesê hy wil vir ieder en elk wat gehelp soek het en wat die boodskap oor die soektog versprei het, hartlik bedank.
“Dit is eintlik ’n wonderwerk dat Boesman gevind is. Ek sal julle ondersteuning en hulp nooit vergeet nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie