Boerewors- en frikkadeljafels
Wat jy benodig
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekap
410 g blik gekapte tamatie
125 ml rooiwynsout en varsgemaalde swartpeper
400 g boerewors, uit derm gehaal
12 snye witbrood
60 ml sagte botterblatjang, vir voorsit
Maak dan só
Verhit die oond in potjie tot warm. Voeg die ui en knoffel by en roerbraai tot dit begin verbruin, voeg tamatie en wyn by. Verlaag die hitte en prut 8-10 minute, geur goed met sout en peper en hou eenkant.
Vorm klein frikkadelle met die boereworsmaalvleis, klein genoeg om in die jafels te pas. Pak frikkadelle in tamatiesous en maak toe. Draai hitte op laag en stoom die frikkadelle gaar in die sous, sowat 10 minute. Roer elke nou en dan deur.
Smeer een kant van elke sny met botter, plaas een sny op ’n slag met die gesmeerde kant na onder in ’n jafelpan. Skep die frikkadelmengsel bo-op, plaas die tweede sny bo-op met die botterkant na buite. Maak die pan toe en sny die brood wat oorhang af.
Braai dit oor lae hitte sowat 2-3 minute op ’n kant, tot goudbruin. Bedien die jafels warm met blatjang. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie