Boere vra regering om noodtoestand af te kondig
Die Namibië Landbou-unie (NLU) en Namibiese Unie vir Opkomende Kommersiële Boere (Necfu) het mnr. Alpheus !Naruseb, die minister van landbou, water en bosbou, formeel versoek om die droogte tot nasionale ramp te verklaar.
Volgens die NLU se nuusbrief het die kantoor van die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, reeds met die stappe begin wat nodig is vir die president om ‘n noodtoestand af te kondig.
Die stap is volgens die NLU noodsaaklik om bykomende internasionale hulp te mobiliseer.
Onafhanklike verslae toon volgens die NLU weidingstoestande is op 92% van alle grond swakker as normaal. In die hele land het 64% van landbougebiede 20% of minder van die gewone plantbedekking.
Volgens beramings is daar nie genoeg water in die Hardapdam by Mariental om landerye tot die einde van 2019 teen die huidige vlakke te besproei nie.
Die druk op veebemarkingskanale is volgens die NLU ontsettend groot en veilingspryse val voortdurend.
‘n Groot deel van die droëland-mielieoes is volgens die unie reeds vernietig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie