Boere opgelei in weiveldbestuur tydens droogtejare
Die bestuur van weiveld is die eerste stap wat produsente van lewende hawe onder die knie moet kry as hulle suksesvol wil boer. In droogtejare is dit natuurlik geen geringe taak en sit boere dikwels met die hande in die hare.
Daarom het Agra ProVision onlangs twee opleidingskursusse oor goeie en volhoubare weiveldbenutting in jare met ondergemiddelde reënval in Windhoek aangebied.
Die meeste van die kursusgangers boer kommersieel, hoewel kommunale boere ook die kursusse bygewoon het.
Die tegniese adviseur vir die ontwikkeling van opleidingskursusse by Agra ProVision, mnr. Gunther Roeber, sê die opleiding het gefokus op beeste en om die emosies uit besluite te haal of beeste behou of bemark moet word en eerder op die uiteindelike boerderydoel te fokus.
“Die hoofdoel van boerdery met lewende hawe is om met welslae weiding of gras in vleis en melk om te skakel en sodoende ‘n inkomste te genereer en welvaart vir die mense van die land te skep,” het Roeber verduidelik.
As deel van die kursus is deelnemers gelei in ‘n oefening om verskillende scenario's te evalueer en sodoende te sien wat hulle kan en moet verwag tydens die produksiesiklus, veral wanneer die reënval ondergemiddeld is.
“Ons het die weidingsiklus bespreek en onderskeid getref tussen die aktiewe groeiperiode tydens die reënseisoen en die dormante periode vanaf Mei tot die aanvang van die volgende reën laat in Januarie die volgende jaar. Belangrik hier is dat die hoeveelheid weiding wat beskikbaar is aan die einde van die reënseisoen in April, regdeur die jaar moet hou tot die gras weer begin groei,” het Roeber gesê.
Agra ProVision verskaf eenvoudige en maklik implementeerbare aksies vir boere om te verseker dat hul beeste ‘n droogteseisoen oorleef. Deelnemers aan die kursusse het geleer dat ‘n verandering in persepsie van die werklike waarde van hul beeste noodsaaklik is en dat nuwe bemarkingstrategië geïmplementeer moet word om die lot van boere in tye van droogte te verlig.
Deelnemers aan die kursusse het waardering vir die tydsbereking van hierdie kursus gehad. Een van die deelnemers, me. Yolanda Kavetuna, het gesê dat sy die naweek ná die eerste deel van die krusus toe sy plase besoek het, reeds met ‘n nuwe benadering na weiding en beeste gekyk het. “Ek het begin nadink oor benaderinge en strategieë wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Ek het toe besef dat weiding in stand gehou moet word om ons lewende hawe-bedryf te ondersteun,” het sy gesê.
Die kursusgangers het aangedui hulle sal graag in die toekoms kundige raad wil kry wat hulle sal help om self 'n weidingsopname te doen en vas te stel hoeveel weiding vir hul diere beskikbaar is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie