u2018Boere moet deel wees van Harambeeu2019
u2018Boere moet deel wees van Harambeeu2019

‘Boere moet deel wees van Harambee’

Iyambo pleit vir eenheid in landbou
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer

"''n Donker wolk hang oor die land.

“Ons beleef een van die ergste droogtes ooit en ons (die boere) is op die rand daarvan om die geneties goeie kuddes wat ons opgebou het, te verloor.”

Met dié woorde het mnr. Ben Amathila, voorsitter van die parlementêre staande komitee vir ekonomie, natuurlike hulpbronne en openbare administrasie, gister die 3de Agri Vooruitskouingskonferensie van die Namibië Landbou-unie (NLU) in Windhoek geopen.

Amathila het, net soos die openingspreker en visepresident van Namibië, dr. Nickey Iyambo, ’n sterk pleidooi gelewer vir groter eenheid onder die boere in die land.

“Boere is trots. Dit is moeilik vir hulle om hoed in die hand na die regering te hardloop vir hulp. Dan is ons boere ook nie verenig nie en maak ons dit vir die regering moeilik om te besluit wie hy moet help,” het Amathila gesê.

Iyambo het eweneens klem gelê op inklusiwiteit en aan konferensiegangers gesê dit is een ding om te sê die regering kon dit vir 26 jaar regkry om die vrede en stabiliteit in Namibië te bewaar. “Maar swartmense kyk om hulle en sê ja, ons het vrede. Ja, daar is ontwikkeling, maar ons is nie deel van die hoofstroom-ekonomie nie.

“Ek smeek julle, laat ons verenig in een landbou-unie. Ons het nou drie. Is dit regtig wat julle in jul harte wil hê? Ons kan dit (verdeeldheid) nie op die lange duur bekostig nie.”

Iyambo het gesê hy en pres. Hage Geingob herinner mekaar dikwels dat hulle met onafhanklikwording in die Onafhanklikheidstadion gestaan en onderneem het om die Grondwet en die land se wette te beskerm. Hy het landbouers gister verseker dat dit nie sal verander nie.

Hy het in aansluiting hierby gesê die voorgestelde Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF) is nog nie ’n wet nie. “Dit is ’n besprekingsdokument. Ons moet nog daaroor met die mense konsulteer.1396986481

Kommentaar

Republikein 2026-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer