Boere kan doen met u2018n miljoen
Boere kan doen met u2018n miljoen

Boere kan doen met ‘n miljoen

Engen het gister N$1 miljoen aan die Dare to Care-droogtehulpfonds oorhandig.

Dit ná sy eerste skenking van N$850 000 op Vrydag 12 Julie.

Die oliemaatskappy het vroeër vanjaar aangekondig hy onderneem om van 1 Junie tot 31 Augustus vanjaar 5c aan die fonds te skenk vir elke liter petrol wat by enige van sy vulstasies landswyd verkoop word.

Die geld word dan maandeliks aan die fonds oorhandig.

Die doel is om uiteindelik sowat N$10 miljoen ten bate van beide kommunale en kommersiële boere in te samel met die Namibië Landbou-unie (NLU) asook die Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (Necfu) se gesamentlike projek.

Die fonds se geld word aangewend om veevoer teen N$50 per sak te subsidieer.

Op die foto is van links: Engen se internasionale sakebestuurder, mnr. Henk van der Walt, Engen se besturende direkteur in Namibië, mnr. Christian Li, die NLU se president, mnr. Ryno van der Merwe, Necfu se president, dr. Mutjinde Katjiua, asook die NLU se uitvoerende bestuurder, mnr. Roelie Venter. FOTO: ELLANIE SMIT

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer