Boer met 'n plan
SELFHELP SKRYF:
Ek haal my hoed af vir ons regering vir die vinnige optrede om die verspreiding van die virus so suksesvol te beperk.
Ek is een van die boere wat hard getref is deur die afgelope droogte. Ek het amper niks oor nie. 'n Hartseer saak.
Dit het nie baie goed gereën nie, maar dit wat ons gekry het, het 'n groot verandering gebring. Dankie, my God!
My vertroue is in die Here dat Hy ons nooit sal verlaat nie en dat Hy vir ons beter dinge vir die toekoms in Sy Godsplan het.
Ek het baie planne om te verhoed dat ek nie vanjaar dieselfde deurmaak wat ek laasjaar deurgemaak het nie. Ons boere is afhanklik van die regering vir hulp, maar ons moet ook nie moet stilsit nie. Dit is my gedagte en plan om nie altyd bakhand te staan nie, maar dit is nodig dat jy tog eers aan die hand gevat moet word.
Ek wil 'n groot tuin aanlê om genoeg lusern en ander plante en bome te plant om myself en die mede-boere te help. Ons grond is baie vrugbaar en ek het net goeie planne, gedagtes, mannekrag en hulp van ons regering nodig om uit hierdie grond, in my en ander se behoeftes te voorsien.
Ek het aansoek by ons regering gedoen vir 'n sonpaneel om water effektief te pomp om al hierdie planne in werking te stel. As my aansoek suksesvol is, wil ek 'n sekere gedeelte afkamp, 'n paar mense aanstel en begin met die planne wat ek het.
Ek sal rêrig waardeer as iemand wat die kennis en die ondervinding het vir my kan help hoe om lusern en ander gewasse te plant. Ek het nie die implimente soos trekkers nie, maar ek sal enige plan maak as ek net die regte opleiding kry.
Ek is nie ver van Windhoek en Rehoboth nie. Ek wil andere help en ook vir myself help.
Die droogte was geen grap nie. Trane het geloop elke keer wat ons 'n bees opgetel of op 'n karkas afgekom het.
Enige persoon wat bereid is om te help met raad, opleiding en op enige ander wyse kan my gerus kontak by 081 604 7642.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie