Boekwurm se liefde werp vrugte af

Rémy Ngamije se kortverhaal is op die kortlys van die 2021 Statebond-kortverhaalprys.
Tanja Bause
Tanja Bause – “My kortverhaal Granddaughter of the Octopus het geskiedenis gemaak as die eerste Namibiese inskrywing wat die kortlys van die Statebond-kortverhaalprys haal.

“Dit is saam met 25 ander stories van Afrika en die res van die wêreld op die lys en die algehele wenner sal op 30 Junie aangekondig word. Die kortverhaal het ook die plaaslike prys vir Afrika gewen – nóg 'n eerste vir Namibië,” vertel die skrywer Rémy Ngamije.

Die 33-jarige Rémy is in Kigali, Rwanda, gebore, maar het toe hy een jaar oud was saam met sy familie na Namibië verhuis.

“Windhoek-Wes is wat ek my tuiste noem. Dit is daar waar ek die meeste van my kinderavonture en -pret gehad het,” het hy vertel.

Op laerskool was hy by die Holy Cross Convent voordat hy sy hoër­skoolloopbaan by St. Paul's College voltooi hety.

“Ek was 'n baie stout kind in graad 8. Die meeste van die tyd moes ek detensie sit, totdat ek my ingesteldheid later verbeter en begin het om my skoolwerk ernstig op te neem.

“Op laerskool én hoërskool was Engels en veral literatuur en komponente vir kreatiewe skryfwerk my gunstelingvakke.”

Ná skool het hy boubestuur by die Universiteit van Kaapstad gaan studeer, met die voorneme om in sy tweede jaar na siviele ingenieurs­wese oor te skuif.

“Maar ek het besluit om liewers 'n BA-graad in Engels en 'n regsgraad eerste te gaan doen. Ek het my LLB voltooi. Die res van my loopbaan is 'n kaleidoskoop van verwarring en gedeeltelike helderheid. Ek het gewerk in advertensies, bemarking, Engelse onderwys . . . ek het ook 'n paar vreemde besighede gehad voordat ek my huidige droom aangepak het: die skepping en die ontwikkeling van literatuur.”

Volgens hom was hy nog altyd in literatuur geïnteresseerd. Hy en sy broers en susters was baie tuis in die openbare biblioteek van Windhoek.

“Almal in my familie lees graag. My ouers het nooit vir my of my broers en susters iets ontneem nie, mits dit in 'n boek was.

“Die biblioteek was vir ons soos 'n dag­sorgsentrum. Ons het vele middae en Saterdagoggende daar deurgebring. Ons het letterlik tussen die boekrakke grootgeword.

“Al my broers en susters is goeie skrywers. Maar ek dink ek is die enigste wat daarin belang gestel het om 'n storie te vertel en dus het ek 'n loopbaan as skrywer begin volg.”

Rémy wou nog altyd stories vertel, veral vandat sy onderwysers in graad 2 en 3 boeke voorgelees het.

“Ek het nie geweet ek wil skryf nie, maar ek wou fantastiese stories op die een of ander manier vertel. Ek kan nie sing of musiek maak nie, Tik Tok het nog nie bestaan nie en skryf was tot my beskikking.

“Op skool het ek altyd uitgesien na die lees- en skryfklasse. Ek het 'n baie lang lys van toegewyde onderwysers wat my vanaf graad 2 tot my laaste hoërskooldae geleer en aangemoedig het om te skryf. Dan was daar ook die vriendelike bibliotekaresses wat my altyd gehelp het om nuwe boeke te ontdek. Sonder al dié ondersteunende mense sou my skryfwerk nie gewees het waar dit tans is nie.”

Volgens Rémy kom sy idees vir sy boeke van dinge wat hy gesien, gehoor, ondervind, gelees of oor nagedink het.

“Die lewe het geen tekort aan absurde situasies wat 'n storie of twee werd is. Dit is moeilik om te weet waar realiteit begin en waar dit ophou. So, ek hoop dit maak bietjie sin as ek sê ek weet nie waar my stories vandaan kom nie, maar ek weet hoe dit vertel sal word: deur my skryfwerk en deur my.”



LITERÊRE TYDSKRIF

Sy ander skepping waarvoor Rémy bekend is, is Doek.

“Doek is 'n onafhanklike kunsorganisasie wat gestig is om literêre kunste in Namibië te ondersteun. Doek is die somtotaal van my ver­skillende professionele loopbane en kreatiewe ambisie.

“Doek wil, gelei deur 'n kunssinnige gees, 'n plaaslik aangepaste, sosiaal verantwoordelike en deursigtige model vir kunsfinansiering in Namibië wees.

“Die huidige projekte is om Doek! Literary Magazine (Namibië se eerste en enigste literêre tydskrif –www.doeklitmag.com) te publiseer en werksessies oor kreatiewe skryfwerk aan te bied.”

Doek het sy oorsprong in Doek!, 'n literêre tydskrif wat Rémy en Mutaleni Nadimi in 2019 gestig het om die werke van die Windhoek Writers Club te publiseer.

“Ons het aan baie name gedink en Doek! was vir ons die coolste. Doek is die fonetiese klank aan die einde van Windhoek. Doek is nou veel groter as die tydskrif.”

Rémy het sover een boek en 26 kortverhale gepubliseer. Van sy kortverhale is in Spaans, Portugees en Italiaans vertaal.- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026