Bob 'nie vervolg', behou eiendomme
Die vraag is nou of Zimbabwe 'n demokraties inklusiewe regering gaan hê.
Pres. Robert Mugabe wat Dinsdag as Zimbabwe se president bedank het, sal glo nie deur strafregtelike vervolging in die gesig gestaar word of enige van sy eiendomme verloor nie.
Kennedy Mandaza, Zanu-PF se woordvoerder in Suid-Afrika, sê die skikking met Mugabe behels glo gewaarborgde immuniteit teen vervolging, beskerming vir hom en sy familie en hy kan sy eiendomme behou. Mugabe het eiendom ter waarde van miljoene rande in Zimbabwe en die buiteland.
“Die ooreenkoms is dat daar nie gevat word aan sy eiendom nie,” sê Mandaza.
Zanu-PF se jongste LP, Mayor Justice Wadyajena, het die inhegtenisneming van Grace Mugabe, Mugabe se vrou, geëis slegs minute nadat die beleërde president ná 37 jaar in sy amp die tuig neergelê het.
'n Verheugde Wadyajena sê Grace moet verantwoordelik gehou word vir die misdade wat sy as die presidentsvrou van Zimbabwe gepleeg het.
Die LP sê Grace moet verduidelik hoe sy soveel rykdom bymekaar gemaak het. Wadyajena beweer die presidentsvrou het haarself verryk deur die staatskoffers te plunder.
Wadyajena het ook gesê die voormalige president se veiligheid is deur die sentrale komitee van Zanu-PF verseker.
Zimbabwiërs in Suid-Afrika het in die strate in die Johannesburgse middestad en Hillbrow, asook Pretoria, feesgevier nadat nuus oor Mugabe se bedanking versprei het.
'Zimbabwiërs verdien behoorlike, deursigtige proses'
Mugabe se besluit om ná 37 jaar as Zimbabwe se president te bedank is ook deur die Mo Ibrahim-stigting verwelkom.
Die stigting het in 'n verklaring die hoop uitgespreek dat Mugabe se besluit 'n gladde en vreedsame oordrag van mag sal toelaat.
Luidens die verklaring het die Ibrahim-indeks oor die stand van regeringsbestuur in Afrika wat Maandag vrygestel is, 'n gemengde prentjie van Zimbabwe met verwysing na die regering geskets.
Dié indeks meet algehele regeringsbestuur in Afrika en Zimbabwe was in 2016 in die 40ste plek uit 54 lande.
Dr. Mo Ibrahim, voorsitter van die stigting, het bygevoeg dat Mugabe se lang verwagte vertrek aan Zimbabwiërs die kans bied om hul eie toekoms te bepaal.
“Dit is noodsaaklik dat 'n behoorlike, regverdige en deursigtige proses in plek is vir die volgende verkiesings. Zimbabwiërs verdien dit en sal dit tereg eis,” sê Ibrahim.
Intussen berig Sarel van der Walt dit word al hoe duideliker in Zimbabwe trek die weermag die toutjies en die grondwet speel tweede viool.
Kragtens die Zimbabwiese grondwet moes adj.pres. Phelekezela Mphoko vir 'n tydperk van 90 dae as waarnemende president beëdig word voordat 'n nuwe president verkies word.
Intussen het dit bekend geword dat Emmerson Mnangagwa, die afgedankte adjunkpresident wat Woensdag na Zimbabwe terugkeer, vandeesweek nog as pres. Robert Mugabe se opvolger beëdig sal word.
Die regerende Zanu-PF se sentrale komitee het Mugabe Sondag as partyleier uitgeskop en Mnangagwa tydelik in dié pos aangestel totdat 'n buitengewone kongres van die party die aanstelling bekragtig.
Ernest Mudzengi, 'n politieke ontleder, het aan News24 gesê volgens prosedure moes Mphoko as tussentydse president beëdig word.
Maar, het hy verduidelik, daar is ander faktore om te oorweeg. Soos dat die weermag nie gemaklik sal wees as Mphoko oorneem nie, aangesien hy beskou word as 'n Mugabe-simpatiseerder.
“Daar word voorsiening gemaak vir twee adjunkpresidente, dus is dit meer waarskynlik dat die afgedankte Mnangagwa gaan oorneem,” het Mudzengi gesê.
Prof. Pieter Labuschagne, regs- en politieke kenner van Unisa, het gesê die weermag, wat 'n sleutelrol gespeel het in die afgelope week se gebeure in Zimbabwe, het deurentyd ongrondwetlik opgetree.
Hulle het Mugabe onder meer onder huisarres geplaas terwyl hulle geen magte het om dit te doen nie.
“Ek was verstom om te sien dat hulle doodeenvoudig vir Mnangagwa as president gaan beëdig.
“Wie gaan nou die land (Zimbabwe) regeer? 'n Demokraties inklusiewe regering, of gaan jy nou 'n situasie hê dat die regering in die hande sal wees van 'n party wat ongrondwetlik optree?
“Die mees ongewenste situasie is dat die weermag agter die skerms die toutjies trek,” het Labuschagne gesê.
“Die morele hoë grond sou wees om te sê Mugabe het nou bedank, kom ons hou 'n konferensie wat inklusief van alle partye en burgerregteorganisasies is en ons kry 'n oorgangsproses in plek.
“Die tweede moontlikheid is om demokraties korrek op te tree deur volgens die grondwet 'n nuwe president aan te wys.
“Lyk my in Zimbabwe het hulle nie eens vir die tweede opsie gegaan nie, maar gegaan vir 'n opsie wat vir my lyk deur die weermag aan hulle gedikteer word,” het Labuschagne gesê.
“Wat in Zimbabwe gebeur, is onrusbarend.”
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie